Renosterstropers 35 jaar tronk toe

(Argieffoto ter illustrasie: Unsplash)

Drie mans wat aan renosterstropery by die Pilanesberg-wildreservaat in Noordwes skuldig bevind is, is vandeesweek tot 35 jaar effektiewe tronkstraf gevonnis.

Arlendo Mhlanga, Adam Hlongwane en Inancio Chauke, almal van Mosambiek, is in Julie 2018 vasgetrek toe hulle die reservaat met gesteelde horings ter waarde van R1,5 miljoen probeer verlaat het.

Die mans was sedertdien in polisieaanhouding.

Hulle is daarvan aangekla dat hulle drie renosterkoeie onwettig van kant gemaak het asook van die onwettige besit van ʼn vuurwapen en ammunisie, die onwettige besit en vervoer van ses renosterhorings, die steel van drie renosterhorings en die onwettige betreding van ʼn erfenisterrein.

“Adv. Douw Jacobs, staatsaanklaer, het die hof aangemoedig om bewyse van die vernietigende uitwerking wat renosterstropery op die renosterbevolking, toerismebedryf en ekonomie in Suid-Afrika het tydens die vonnisoplegging in ag te neem,” sê Henry Mamothame, polisiewoordvoerder.

“Die mans is gesamentlik tot 85 jaar gevonnis, waarvan hulle 35 jaar moet uitdien. Die hof het hulle ook onbevoeg verklaar om vuurwapens te besit.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Nick ·

Wragtig goeie nuus. My dag gemaak. Kan ons daai regter kry vir Zuma, malema en bra Ace?

AW ·

Sal Nié 35 Jaar sit Nié, hierdie is SA, daarom sal hy weer binnekort vry wees !

Johann ·

Mozzers….lekka hier in die land van als en almal welkom.

Shakespeare ·

38 jaar kulmineer in maksimum 3 jaar tronkstraf. Net in die New Sout Êfrica………. dan gaan die kriminele net aan met hulle “nering”.

Nico ·

Nou verstaan ek dit glad nie, renoster tropery is ‘n misdaad waaraan so veel gedoen word om die misdadigers vas te trek, wat word va die moorde op plaasboere, kyk na die plaasboer op Dundee wat borg geweier is, daar is natuurlik politiek betrokke. Die aanklaers werk natuurlik saam omdat hulle omkoop geld ontvang.

Charl ·

Wat soek hulle in die eerste plek daar ?? Sit julle wetters !

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.