‘Renosterstropers’ gewond in skietgevegte

Argieffoto: Reint Dykema

Argieffoto: Reint Dykema

Twee mans wat vermoedelik probeer het om renosters in die Krugerwildtuin te stroop, is tans in die hospitaal nadat hulle gewond is in ʼn skietery met wildbewaarders.

Lt.genl. Solomon Makgale, polisiewoordvoerder, het gesê een van die mans is ʼn Mosambieker en die ander se nasionaliteit is onbekend. Carlos Ngwane en Victor Mashile is in afsonderlike voorvalle in hegtenis geneem, maar albei het hulself teëgesit wat tot skietgevegte gelei het. Albei verdagtes is gewond.

Een verdagte is verlede week Dinsdag omstreeks 20:00 by Malelane vasgetrek, terwyl die tweede verdagte enkele ure daarna by Krokodilbrug vasgetrek is.

Daar is beslag gelê op twee jaggewere met knaldempers, 14 koeëls en twee byle. Die vuurwapens is vir ballistiese toetse gestuur om vas te stel of dit gebruik is om ander misdade te pleeg. Daar word ook ondersoek of die verdagtes betrokke was by ander voorvalle van renosterstropery.

Aanklagte van die onwettige besit van vuurwapens en ammunisie, die besit van gevaarlike wapens en die onregmatige betreding van ʼn nasionale park is aanhangig gemaak. Die verdagtes sal in die Witrivier-landdroshof verskyn sodra hulle uit die hospitaal ontslaan is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

scalla ·

Doen dieselfde met die stropers as wat aan die diere gedoen is. oog vir n oog

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.