Brig. Vishnu Naidoo, woordvoerder van die polisie, het gesê Sipho Patrick Mthembu (32), Tony Hansely (23), Bhekumuzi Comfort Gumede (27), Thulani Khumalo (24) en Nkosinathi Jobe (30) het in die KwaMsane-landdroshof verskyn. Hulle is op 13 Junie in die Zamimpilo-gebied in hegtenis geneem.
Naidoo het gesê die vyf is in hegtenis geneem terwyl hulle glo op pad was om renosters in die Umfolozi-natuurreservaat te gaan stroop. Polisiebeamptes het op ʼn .375-jaggeweer, ʼn byl, ʼn knaldemper en ammunisie beslag gelê tydens hulle inhegtenisneming.
Hansely, Khumalo en Jobe is Maandag op borgtog van R5 000 vrygelaat. Mthembu en Gumede is borgtog geweier aangesien hulle glo vorige oortredings het. Die vyf moet weer op 28 Julie in die hof verskyn. Hulle word aangekla van sameswering om renosters te stroop en die besit van ʼn ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie.
Hulle was nogal goed toegerus vir die taak. Ruil hul toerusting en gee grawe, pikke ens. dat hul ons dorpe en stede begin in stand hou.
Hoekom soveel moeite doen met die gemors. Julle mors net tyd en geld……………………..
As hulle horings gehad moes dit ook net so koel bloedig afgesny geword het.