Renosterstropers in Pongola in hegtenis geneem

Foto: SAPD/Facebook

Foto: SAPD/Facebook

Twee vermeende stropers is Vrydagaand in Pongola, KwaZulu-Natal in hegtenis geneem.

Maj. Thulani Zwane, provinsiale polisiewoordvoerder, het Saterdag gesê ʼn gesamentlike poging van die Durban-polisie se georganiseerde misdaadeenheid en die polisie se taakspan het tot die inhegtenisname gelei.

“Die verdagtes het beplan om twee renosters in een van die Safari-wildtuine vir hul horings dood te maak,” het Zwane gesê. “Die polisie het op hulle toegeslaan en beslag gelê op ʼn 375-jaggeweer en ammunisie, ʼn knaldempers en ʼn byl.”

Die verdagtes is na die Pongola-polisiestasie geneem vir aanhouding. Hulle staan tereg op die onwettige jag van renosters en die onwettige besit van ʼn vuurwapen en ammunisie. Hulle moet Maandag in die Pongola-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.