Renosterstropers in wildtuin doodgeskiet

Veldwagters in die wildtuin. Foto: SANParke/Facebook

Twee renosterstropers is doodgeskiet en ʼn vermeende makker in hegtenis geneem in die Krugerwildtuin.

Daar was Donderdag twee afsonderlike voorvalle waar veldwagters vermeende renosterstropers voorgekeer het, het Isaac Phaahla, SANParke se woordvoerder vir die wildtuin, gesê.

In die eerste voorval het veldwagters in Pretoriuskop op drie vermeende renosterstropers afgekom. Een van die vermeende stropers is in hegtenis geneem terwyl die ander twee daarin kon slaag om te ontsnap.

Tydens die tweede voorval het veldwagters kort voor middernag in dieselfde gebied weer op drie vermeende renosterstropers afgekom.

“Twee stropers is doodgeskiet en die ander een kon daarin slaag om weg te kom.” Volgens Phaahla is daar op ʼn swaarkaliber-vuurwapen, ammunisie en toerusting wat gebruik word om te stroop beslag gelê.

Albei voorvalle word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Louis du Plooy ·

Hoekom hof toe vat. Sluit hul lewenslank toe. Hul is mos daar gevang.

Johanna Botha ·

Dit kan gesien word as die positiewe nuus vir die week

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.