‘Renosterstropers’ in wildtuin vasgetrek

Argieffoto

Argieffoto

Twee vermeende renosterstropers is in die Krugerwildtuin vasgetrek nadat hulle vermoedelik Saterdag die grens vanaf Mosambiek na Suid-Afrika skelm oorgesteek het.

Volgens ʼn polisiewoordvoerder is Thokozane David Masina (38) en Steven Mahlasela Madonsela (29), albei buitelanders, Sondag in hegtenis geneem.

Dit kom nadat veldwagters die spore van drie mense gevind het wat die wildtuin aan die oostelike kant naby Krokodilbrug binnegegaan het. Die spore is vir meer as 30 km gevolg voordat wildbewaarders omstreeks 05:15 op drie mans afgekom het.

Die verdagtes het probeer vlug, maar die wildbewaarders kon daarin slaag om twee van die mans aan te keer. Twee renosterhorings, ʼn .375-jaggeweer met die reeksnommer afgevyl, ʼn knaldemper, vier koeëls en ʼn byl is in hulle besit gevind.

Masina en Madonsela het vlugtig in die Witrivier-landdroshof verskyn, waar hul saak uitgestel is na 6 Januarie. Aanklagte van diefstal, die onwettige besit van ʼn vuurwapen en ammunisie en die besit van ʼn vuurwapen met die doel om ʼn misdaad te pleeg, is teen hulle aanhangig gemaak.

Die derde verdagte is steeds op vrye voet.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

GJ ·

Uitstekende werk deur die Wildbewaarders, al het een weggekom.

Lorna ·

En waar is die renostes wie sê horings klaar AF is To little to late sal ek sê al het hul twee gevang skrik dit nie die volgende @#$&#$ af nie bewys maar net weer die regering het geen beheer oor enigeiets nie

SNEL ·

Ek is bitter dankbaar vir elke stroper wat gevang word. Baie dankie vir almal wat daarmee help!
Skandelik dat mense dink dis reg om diere so af te maak en dit net vir geld. Hoop ons kleinkinders sal nog renosters kan sien.

Dee ·

Bitter en dankbaar het geen verhouding nie. Sommige mense is selfs ‘bitter lief’ vir iemand anders. Die twee woorde bots kop aan kop.

Cilliers ·

Nee, Dee, daar’s niks verkeerd met bitter dankbaar nie. Dis sommer net ‘n manier om klem te lê. Ekself hoop weer daardie stropers se verblyf in die tronk is bitter onaangenaam. Hou hul die hele tyd net op brod en water, dan sal hulle bitter gou agterkom hulle is nie welkom hier nie, en ons natuurliefhebbers en -beskermers voel bitter bly hulle is gevang en hoop dat hulle bitter swaar gestraf sal word. Dis sulke dinge wat van my sommer ‘n ou bitterbek maak!

Pieter.v ·

Daar is net een manier om renoster stropery te beeindig dit is die dood straf of op die plek afgemaai word nou kry hy vyf of ses jaar vry losies op die belasting betaler se geld,kom daar uit en gaan maar weer aan met die stropery

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.