Twee mans van Mosambiek is elk tot 12 jaar tronkstraf gevonnis nadat hulle skuldig bevind is aan renosterstropery in Limpopo.
Brig. Hangwani Mulaudzi, ʼn provinsiale woordvoerder, het in ‘n verklaring gesê Hlengani Reckson Mathebula (49) en Erick Mathebula (37) is Maandag in die Naphuno-streekshof gevonnis.
Die twee mans is in Februarie verlede jaar ná ʼn wilde skietery tussen ʼn groep stropers en wildbewaarders van die Krugerwildtuin in hegtenis geneem. “Drie stropers is noodlottig gewond tydens die skietery,” het Mulaudzi gesê. “Die twee beskuldigdes het van die toneel gevlug en is later onderskeidelik in Lulekani en Phalaborwa deur die Valke in hegtenis geneem.”
Die twee mans is elk met ʼn renosterhoring, wat onlangs gestroop was, betrap.
Ag ASSEBLIEF! Nou sit hulle vir 12 jaar op ONS as bealstingbetalers se onkoste en smee hul bose planne vir as hul uitkom, kry kontakte in die tronk ens. WIE gaan nou afgeskrik word deur 12 jaar, WIE? Dis sekerlik ‘n grap! Nee regtig, ek kan nie normaal reageer as ek van die goed hoor nie.
Persoonlik dink ek 12jr is te min vir hulle… Hulle sal seker oor 5jr weer op vrye voet wees indien nie dalk al vroeer nie.
Net 12 jaar? Het julle nie dalk die 2 en die 1 omgedraai nie?
Ek kan nie glo die skuim kry net 12 jaar nie.
Mmm ook eerder gedink 21 (jaar) is meer gepas in die geval
doen presies dieselfde met hulle as wat aan die arme renosters gedoen is…………barbaars
Daar word letterlik miljoene rande indien nie miljarde spandeer aan die voorkoming van renosterstropery en die skuldiges kry 12 jaar. Belaglik!!!!!!!!!!!!!