Renosterstropers kry 18 j.

Foto: Rhino 911

Twee mans is Vrydag deur die Modimolle-streekhof tot 18 jaar tronkstraf gevonnis vir die onwettige besit van vuurwapens sonder ʼn lisensie, die onwettige besit van ammunisie en die onwettige jag van beskermde diere.

Sakkie Marutle Malaza (36) is op 27 Februarie in hegtenis geneem ná polisie van moontlike stropers by die Mabalingwe Wildplaas in die Bela Bela-distrik in kennis gestel is.

Twee van sy makkers het gevlug, maar die polisie was later in staat om ook vir Manabeng Michael Makua (64) vas te trek.

Makua het gedurende sy verhoor gesê hy was nooit deel van die onwettige stropery nie en dat die polisie hom onskuldig in hegtenis geneem het.

Albei beskuldigdes word verder vir vyf jaar lank verbied om enige permitte of magtigings te verkry en is ook onbevoeg verklaar om vuurwapens te besit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Flibo ·

Ek verstaan nou nie mooi nie. Hulle is 18 jaar tronkstraf opgele maar mag ook nie vir 5 jaar n permit kry of wapen besit nie. Hulle is mos nog na 5 jaar veronderstel om in die tronk te wees met nog 13 jaar wat uitgedien moet word. Verstaan nou glad nie die vonnis van 5 jaar nie

Cherokee ·

Dit is regtig nie moeilik verstaanbaar nie. Dit is alles strawwe wat toepaslik is op die misdaad wat gepleeg is en so is dit toegepas.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.