‘Renosterstropers’ naby Oos-Londen in hegtenis

Foto: SAPD, Oos-Kaap

Vyf mans, vermoedelik renosterstropers, is die afgelope naweek naby Oos-Londen in hegtenis geneem.

“Die mans was op pad na ʼn nabygeleë privaat natuurreservaat,” het die polisie van die Oos-Kaap in ʼn verklaring gesê. “Polisiebeamptes het ʼn wenk ontvang en hul voertuig is Sondag buite Oos-Londen voorgekeer.”

Drie mans is van Nelspruit en twee is van King William’s Town. Hulle is almal tussen 26 en 46 jaar oud.

Die polisie het beslag gelê op ʼn .308-jaggeweer, ammunisie, ʼn byl en ʼn saag.

“Die mans verskyn Dinsdag in die landdroshof in Oos-Londen op aanklag van die onwettige besit van ʼn vuurwapen en ammunisie en sameswering om ʼn misdaad te pleeg.

Lt.genl. Liziwe Ntshinga, provinsiale polisiekommissaris, het gesê sy is beïndruk met die goeie wenk wat ontvang is wat die polisie in staat gestel het om te reageer en die verdagtes in hegtenis te neem nog voor enige skade aangerig is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Scalla ·

Doen dieselfde met hulle as dit wat hul planne was met die renosters, mooi gedoen SAPD

Cherokee ·

Dit is so lekker om te lees dat hulle betyds gevang is. By voorbaat gevang is.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.