Drie verdagtes het tydens ʼn hoëspoedjaagtog hul voertuig, ʼn gestroopte renosterhoring, ʼn toringbattery, vuurwapenklankdemper, vuurwapen en ammunisie agter gelaat om inhegtenisneming vry te spring.
“Die drie is Maandagaand omstreeks 22:00 deur die Volksrust-polisie in Mpumalanga onderskep tydens ʼn stop-en-soek-operasie in Mandelarylaan,” sê brig. Selvy Mohlala, woordvoerder van die polisie.
Die polisie het die bestuurder van die Toyota Corolla opdrag gegee, maar die bestuurder het weggejaag. Die polisiebeamptes het die verdagtes agternagesit.
“Toe hulle besef dat hulle nie van die polisie kan wegkom nie, het die verdagtes stilgehou en weggehardloop.”
Die polisie het die voertuig deursoek en op die gestroopte renosterhoring in ʼn emmer afgekom. Beamptes het ook beslag gelê op ʼn .303-geweer met vier patrone, ʼn klankdemper en ʼn toringbattery.
“Die voorlopige ondersoek het onthul die voertuig is nie gesteel nie. Die eienaar het ʼn hangende saak van die besit van ʼn ongelisensieerde vuurwapen wat dateer uit September 2021 in Hlabisa, KwaZulu-Natal.”
Die polisie maan enigiemand met inligting om lt.kol. Pretty Mavuso te kontak by 079 692 0615 of Crime Stop by 08600 10111.
Die inligting in die berig rakende die wapen se kaliber en die detail op die fotos van die wapen en ammunisie korreleer nie. Die berig verwys na ‘n .303, maar die fotos van die ammunisie toon .375 H &H ammunisie. Die wapen is in alle waarskynlikheid ook nie ‘n .303 nie. Die aksie is ‘n Mauser tipe aksie wat strook met ‘n .385 H&H.
Net so Johan ! Polisie het weereens ni ‘n clue nie !
Die rondtes wat langs die geweer lê, is 375 H&H.
Ek stem saam. Daardie is beslis nie ‘n .303 nie en die patrone stem ooreen met .375
.375 en nie n 303 nie.
Groot kaliber geweer vir die sinnelose slagtings.
Wens hierdie tipe misdadigers kan voëlvry verklaar word.
Die voertuig sal sekerlik gekonfiskeer word, want dis vir misdaad gebruik.
Nee hy word gekonfiskeer maar na n maand kan jy maar gaan kyk daar waar die polisie hom stoor, dan is daar net n bakwerk oor. Hulle stroop hom en verkoop parte.
Daar is ń manier om.ń baie duideliker boodskap na die tipe toe deur te stuur.
Maar daardie geweer het nie eens n slot meganisme nie. Hoe skiet hulle met hom.
“het die verdagtes stilgehou en weggehardloop.” As ek na die gewig en bou van sommige SAPS lede vandag kyk, maak dit sin waarom misdadigers kan weghardloop.
Suid Afrika het die land van “geleenthede” geword, tussen die kaders, staats amptenare, ons eie inwooners en die wat net oor grense stap is daar baie geleenthede vir misdaad. Almal maak met wat hulle wil en kom weg daarmee.
My vraag is: hoekom het die polisie hulle nie te voet agternagesit en hulle in hegtenis geneem nie. Ek dink ons ken almal die antwoord op hierdie vraag?
Hy is dus nie net n stroper nie maar n ekonomiese terroris.