Renosterstropers vas ná skietgeveg met polisie

Argieffoto

Twee verdagtes (33 en 44) is Maandag in Nelspruit vasgetrek ná ʼn hewige skietery tussen die verdagtes en die polisie.

Kapt. Dineo Lucy Sekgotodi, woordvoerder van die Valke, het gesê lede van die honde-eenheid het ‘n wenk ontvang van verdagtes wat glo met ʼn rooi voertuig van KwaZulu-Natal na Mpumalanga gereis het.

“Die voertuig is op die R40-pad tussen Barberton en Nelspruit gewaar,” het Sekgotodi verduidelik.

Die honde-eenheid het die voertuig gestop waarna vyf verdagtes uit die voertuig gespring en op die polisie losgebrand het.

Die voertuig is ondersoek en daar is ʼn swart renosterhoring wat 4,86 kilogram weeg gevind wat onder die voertuig met koperdraad vasgemaak was. Die beraamde straatwaarde van dié horing is R490 000.

“Ons glo die horing is by Ulundi in KwaZulu-Natal gestroop.

Die verdagtes sal Dinsdag voor die Nelspruit-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Sputnik ·

Vrot ja, veral as jy in aanmerking neem dat hulle ‘n wenk ontvang het.

Louis Diedericks ·

Ek dink dis goeie werk. Die polisie het skielik op die verdagtes afgekom en tydens n skietery twee verdagtes gearresteer. Dit is nie kinderspeletjies om onder sulke omstandighede op te tree en arrestasies te maak(twee verdagtes gearresteer) nie. Die ander sal later deur hul maatjies in n opvolg operasie uitgewys en gearresteer word.
Dis altyd maklik om by die huis te sit en kritiseer, maar dis n ander storie wanneer die koeels om jou kop fluit, dit was n doodsakker en die situasie kon maklik anders uitgedraai het.
Gelukwense aan die polisie.

Bekommerd ·

Dit is tyd om stropery as sabotasie te klassifiseer en ook so te vonnis.

Bekommerd ·

Dit is tyd om stropery as sabotasie te klassifiseer en ook daarvolgens te vonnis.

Desmond ·

Een van die Rino pouchers het in ons erf gaan weg kruip in Ruby straat in Nelspruit. Ek het hom gesien agter n boom weg kruip en lede van die SAP het hom in hegtenis geneem.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.