Renosterstropery: 3 Mosambiekers op wildsplaas aangekeer

Die renosterhorings waarop beslag gelê is. Foto: SAPD

Die renosterhorings waarop beslag gelê is. Foto: SAPD

Drie Mosambiekers verskyn Dinsdag in die Bray- rondgaande hof nadat hulle op ʼn private wildsplaas in Noordwes in verband met renosterstropery in hegtenis geneem is.

Kol. Sabata Mokgwabone, provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê die drie verdagtes, onderskeidelik 39, 40 en 42 jaar oud, is Sondag op die plaas in hegtenis geneem.

“Die polisie is na die wildsplaas ontbied nadat die karkas van ʼn renoster, waarvan albei horings verwyder is, gevind is,” het Mokgwabone gesê. “Die polisie en wildbewaarders het begin om na die stropers te soek deur hul voertuig se spoor te volg. Die verdagtes se voertuig is uiteindelik opgespoor en die verdagtes, al drie van Mosambiek, is in hegtenis geneem.”

Die polisie het beslag gelê op ʼn vuurwapen en twee renosterhorings wat in die verdagtes se besit gevind is.

Die ondersoek duur voort om vas te stel of die drie met ander voorvalle verbind kan word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Lizette Jonker ·

Net jammer daar sal niks van kom nie. Het 4 jaar gelede 6 gevang. Hulle is op borgtog vrygelaat en daar het alles geeindig

Jolly ·

Kom ons raai wat gaan met hulle gebeur? NIKS. Die probleem is almal is opgewonde as hulle hoor mense is GEARRESTEER of hulle is VAS. Daarna verskyn hulle in die hof en verdwyn stil stil Mosambiek toe .. altyd ‘n verskoning hoekom hulle nie tronkstraf moet kry nie …

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.