Renosterstropery: 365 vas in eerste 6 maande van 2018

Argieffoto (Foto: Rhino Horn Auction)

Die nasionale gesamentlike krisisbeheersentrum van die polisie (Natjoints) het Sondag laat hoor dat 15 vermeende renosterstropers verlede week vasgetrek is en 365 stropers in die eerste helfte van vanjaar suksesvolg vervolg is.

Volgens brig. Vishnu Naidoo, woordvoerder van die polisie, is daar tydens die inhegtenisneming van dié 15 verdagtes, tussen 33 en 50 jaar oud, beslag gelê op vier onwettige wapens asook ammunisie.

Naidoo het gesê uit die honderde verdagtes wat die polisie al in hegtenis geneem het, is 165 nog in aanhouding en verhoorafwagtend, ses is na hul lande van herkoms gedeporteer, 11 is boetes opgelê en 57 dien tronkstraf uit.

Naidoo het gesê die Rhino Nine-taakspan bestaan uit onder meer verskeie eenhede binne die polisie, SANParke-wildbewaarders asook doeanebeamptes. “Hulle is verantwoordelik vir die voorkoming, bevegting en ondersoekwerk in renosterstropergevalle.”

Naidoo het gesê die strategieë wat Natjoints in plek gestel het in die geveg teen renosterstropery, verminder veral smokkelaars se kanse om by grensposte by nasionale parke verby te kom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

De Villiers ·

Dis goeie nuus dat hierdie taakspanne sulke baie inhegtenisnemings maak. Dis net skrikwekkend om te besef dat daar so baie kriminele hierby betrokke is. As ‘n mens na hierdie syfers kyk en besef dis nét die ouens wat gevang is, hoeveel ander is nog nie gevang nie. Die eintlike probleem is dat hierdie kriminele merendeels net die pionne is wat die vuil werk doen, en dat die meesterbreine en uiteindelike kopers van die renosterhorings nie gearresteer word nie, wat beteken dat hierdie oorlog nog lank gaan woed. Hoë boetes en tronkstraf is nie voldoende straf vir hierdie ouens nie. Kyk bv. na Swaziland se wetgewing rondom renosterstropery, en jy sal sien dat bykans geen renoster daar gestroop word nie. Ek wens ons land se wetgewers wil Swaziland se voorbeeld volg, want die straf wat hier opgelê word dien geensins as afskrikmiddel vir hierdie kriminele nie.

Gemaskerde Sopbeen ·

As jy net die grensdraad tussen Kruger en Moz weer herstel en elektrisifeer met kameras op…………hoef jy nie honderde duisende Rande te spandeer om spanne te kry om agter renosters aan te loop en stropers te vang nie. Jy hoef net die heining op te pas….

Realis ·

Jip jy is reg, gelukkig kom daar geen infiltrasies vanaf die SA kant nie…………dink jy regtig n draad sal hierdie mense keer………?

Horingloos ·

Sny hul horingtjies af en los hulle vir al die karnivore. Dit beslis ń duidelike boodskap na buite stuur. Soos die stropers vasgetrek word is daar net ander wat hul plek gaan inneem en daar gaan net nog meer geld as wortel gehou word om die stropers te lok.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.