Renosterstropery: Drie renosters in Limpopo geskiet

Die vuurwapen en sak met renosterhorings waarop die polisie beslag gelê het. Foto: Verskaf

Die vuurwapen en sak met renosterhorings waarop die polisie beslag gelê het. Foto: Verskaf

Drie renosters, waaronder ʼn klein kalfie, is Dinsdagaand by ʼn private wildsplaas naby Lephalale (Ellisras) in Limpopo doodgemaak.

“Drie verdagtes het die volmaan se lig benut en op die wildsplaas toegeslaan,” het brig. Hangwani Mulaudzi, ʼn polisiewoordvoerder, Donderdag aan Maroela Media gesê.

Die stropers het twee koeie, waarvan een hoog dragtig was, en die kalfie geskiet. Die twee koeie se horings is afgesny.

“Een van die vermeende stropers is kort na die voorval opgespoor en in hegtenis geneem. Die renosterhorings en ʼn vuurwapen met ammunisie is in sy besit gevind.”

Die ander twee verdagtes kon daarin slaag om te ontsnap en die polisie is steeds op soek na hulle.

Die verdagte sal na verwagting Vrydag in die hof in Lephalale verskyn. Die verdagte se nasionaliteit en ouderdom is nog nie bekend gemaak nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

anet ·

Dit is so hartseer om te hoor hoe die Renosters uitgemoor word, selfs die ou kalfie moes deurloop.
Ek het nie meer woorde om hierdie dade te beskryf nie. Ek skaam my vir die mensdom. Dit is nie net mense wat deurloop onder geweetenlose skurke nie, selfs ons diere is nie meer veilig nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.