Renosterstropery in SA reeds nuwe rekord

Argieffoto

Argieffoto

Daar is vanjaar al meer renosters gestroop as in die hele 2013, het die departement van omgewingsake gesê.

Volgens die departement is daar vanjaar al 1 020 renosters gestroop in vergelyking met die 1 004 renosters wat in 2013 gestroop is. Die Krugerwildtuin het vanjaar reeds 672 renosters weens stropery verloor.

In Limpopo is daar vanjaar reeds 110 renosters gestroop, 84 in KwaZulu-Natal, 70 in Mpumalanga, 58 in Noordwes en 15 in die Oos-Kaap.

Volgens die departement is daar vanjaar reeds 344 mense in hegtenis geneem in verband met renosterstropery.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Drieks ·

Imigrante het mos goue kaart in ons land. Ek het beleef in boksburg oor 2 jaar hoe die pakistane ons land inkom en hier bly om ongeskoolde werk te doen. Wie laat dit toe??? ANC

Paul ·

Om enigsins hond daaraf te maak sal die Valke hulle vlerkies moet oefen om te kan vlieg tot op die vlak in die regering waar die bestellings aan die renostermoordenaars gegee word. Begin sommer by no 1.

Jan ·

Ja nee, rekords is daar om gebreek te word, veral die tipe rekords in ons beloofde land !!!

Jan ·

Rekords is daar om gebreek te word. “Onse mense” is veral goed in die tipe rekords !!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.