
Die verdagtes tydens hul eerste hofverskyning. Foto: @LielaMagnus op Twitter.
Die regter het gelas dat Hugo Ras, die beweerde meesterbrein agter die sindikaat, en die ander beskuldigdes tot 8 Oktober in aanhouding moet bly wanneer hulle om borg sal aansoek doen. Ras het saam met sy vrou, Trudie, en agt ander verdagtes in die hof verskyn. Ras het sy vrou gesoen voor hy deur polisiebeamptes uit die hof gelei is.
Die ander verdagtes is Ras se broers Anton Ras en Arno Smith, Bonnie Steyn, ʼn vlieënier van Ficksburg, Willie Oosthuizen, ʼn adjudant-offisier van die Valke, Joseph Wilkinson, ʼn prokureur van Pretoria, Christoffel Scheepers, Mandla Magagula en Willem van Jaarsveld.
Die Valke het die verdagtes verlede Vrydag in hegtenis geneem. Ras, wat glo die sindikaat se aktiwiteite vir sowat vyf jaar lank bestuur het, is by die Pretoria-Noord-landdroshof in hegtenis geneem waar hy op ʼn afsonderlike klag sou verskyn het. Die ander verdagtes is dieselfde tyd in Polokwane in Limpopo, Ficksburg in die Vrystaat, Potchefstroom in Noordwes en in Montana, Mamelodi en Kameeldrift in Gauteng in hegtenis geneem.
Die sindikaat was hoofsaaklik in Limpopo, Mpumalanga, Noordwes, Gauteng en KwaZulu-Natal aktief. Die verdagtes word daarvan beskuldig dat hulle betrokke was by die stroop van 22 renosters tussen 2008 en 2012. Die sindikaat het glo 84 renosterhorings bekom en 22 renosters doodgemaak ter waarde van nagenoeg R22 miljoen, het die Valke vroeër gesê.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
7 Kommentare
Sluit di bl*ksems toe en gooi di sleutel weg,hulle behoort ni in di sameleweing nie.
Sny hulle horings ook af!
Skuim! Skuim! Skuim!
Dis werklik baie jammer om te sien dat dit blanke Afrikaners is wat die breins agter hierdie “moord” en barbarisme is. Om ons wild te verwoes vir eie gewin, is mees pateties as om te zuma!!!
Gee hulle vir my – ek sal afsny met ‘n naelknipper stukkie vir stukkie – puntjie vir puntjie. Skuim van die aarde. Hoop nie hulle kry borg nie