Die regter het gelas dat Hugo Ras, die beweerde meesterbrein agter die sindikaat, en die ander beskuldigdes tot 8 Oktober in aanhouding moet bly wanneer hulle om borg sal aansoek doen. Ras het saam met sy vrou, Trudie, en agt ander verdagtes in die hof verskyn. Ras het sy vrou gesoen voor hy deur polisiebeamptes uit die hof gelei is.
Die ander verdagtes is Ras se broers Anton Ras en Arno Smith, Bonnie Steyn, ʼn vlieënier van Ficksburg, Willie Oosthuizen, ʼn adjudant-offisier van die Valke, Joseph Wilkinson, ʼn prokureur van Pretoria, Christoffel Scheepers, Mandla Magagula en Willem van Jaarsveld.
Die Valke het die verdagtes verlede Vrydag in hegtenis geneem. Ras, wat glo die sindikaat se aktiwiteite vir sowat vyf jaar lank bestuur het, is by die Pretoria-Noord-landdroshof in hegtenis geneem waar hy op ʼn afsonderlike klag sou verskyn het. Die ander verdagtes is dieselfde tyd in Polokwane in Limpopo, Ficksburg in die Vrystaat, Potchefstroom in Noordwes en in Montana, Mamelodi en Kameeldrift in Gauteng in hegtenis geneem.
Die sindikaat was hoofsaaklik in Limpopo, Mpumalanga, Noordwes, Gauteng en KwaZulu-Natal aktief. Die verdagtes word daarvan beskuldig dat hulle betrokke was by die stroop van 22 renosters tussen 2008 en 2012. Die sindikaat het glo 84 renosterhorings bekom en 22 renosters doodgemaak ter waarde van nagenoeg R22 miljoen, het die Valke vroeër gesê.
Sluit di bl*ksems toe en gooi di sleutel weg,hulle behoort ni in di sameleweing nie.
Sny hulle horings ook af!
Skuim! Skuim! Skuim!
Dis werklik baie jammer om te sien dat dit blanke Afrikaners is wat die breins agter hierdie “moord” en barbarisme is. Om ons wild te verwoes vir eie gewin, is mees pateties as om te zuma!!!
Gee hulle vir my – ek sal afsny met ‘n naelknipper stukkie vir stukkie – puntjie vir puntjie. Skuim van die aarde. Hoop nie hulle kry borg nie
Hier kom nou n ding< wens hulle het dit ook uitgesaai!!!Kan iemand nie die tv mense se arms draai. Gisteraand toe sien ek op die nuus hulle begin al klaar om mekaar te beskuldig, witmense sal so teen mekaar draai. Geen woord bestaan om die klas van mens te beskryf nie. En dis nie van hongerte dat hulle so diere moor nie, nee, dis geldgierigheid. God het ons oor die diere aangestel, en dis wat hulle doen.
Geen borg vir enige van hulle nie!!!!!!!! Hulle is moordenaars!!!!!!!