Renosterstropery: Wildtuin kry nuwe opsporingstelsel

Argieffoto

Argieffoto

Die Krugerwildtuin het ʼn nuwe opsporingstelsel geïnstalleer wat geweerskote kan waarneem en gebruik sal word om renosterstropers vas te vat, het die Saturday Star berig.

“ShotSpotter” is vervaardig deur ʼn maatskappy in Kalifornië en is aanvanklik gebruik om die polisie in Amerika te waarsku oor voorvalle waar geweerskote afgevuur word.

Volgens die berig is daar mikrofone in sekere gebiede in die wildtuin aangebring. Wanneer ʼn skoot afgevuur word, word die oorsprong daarvan bepaal en ʼn sein word na ʼn diensverskaffer in Amerika gestuur. Die koördinate word binne 30 sekondes aan die wildtuin gestuur.

Die stelsel kan geweerskote so ver as drie kilometer waarneem.

Otch Otto, ’n voormalige VN-vredesbewaarder en soldaat, het aan die Saturday Star gesê stropers kan maklik hul weg in die bosveld vind.

“Jy kan nie dié oorlog met helikopters en robotvliegtuie wen nie, die bosveld is eenvoudig net te dig.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.