Rentekoers styg weer

Lesetja Kganyago, goewerneur van die Suid-Afrikaanse Reserwebank Foto: Elmond Jiyane, GCIS

Lesetja Kganyago, goewerneur van die Suid-Afrikaanse Reserwebank Foto: Elmond Jiyane, GCIS

Die Suid-Afrikaanse Reserwebank het die rentekoers Donderdag met 50 basispunte verhoog.

Lesetja Kganyago, goewerneur van die SARB, het die styging in die rentekoers aangekondig ná ʼn drie dae lange vergadering van die SARB se monetêre beleidskomitee.

Dit beteken die repokoers, die koers waarteen die Reserwebank geld aan banke leen, tot 6.75% styg.

Die rentekoers het die afgelope 24 maande met 225 basispunte (2.25%) gestyg. Rudolf Mahoney, hoof van handelsmerk en kommunikasie by WesBank, het gesê persone wat rentegekoppelde huis- en motorlenings het, gaan die druk begin voel.

Die prima rentekoers verhoog dus tot 10.25%.

Die SARB het die repokoers in Julie en November 2015 telkens met 25 basispunte verhoog.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

11 Kommentare

jongste oudste gewildste
Johann Marx

En al die “menere” wat hiervoor verantwoordelik is, voel nie die knyp nie, want hulle ry op my en jou onkoste, bly op my en jou onkoste, partytjie en vlieg op my en jou onkoste, gryp heel eerste hulle salarisse en byvoordele uit my en jou belasting, wat hulle bepaal het hoeveel ek moet opdok, voordat hulle skree “daar is nie genoeg nie, doen alles julle self!!!” Ek is Afrika versadig…

GES

Johann dit is ongelukkig die realiteit van die dag. Rentekoersverhoging sny beide kante toe. Ek het die afgelope 3 maande 10% van my beleggingskapitaal verloor en gevolglik my aftrede met 5 jaar uitgestel. Dit is as gevolg van politici se wandade en verbale diarree.

jaco

Ek kan heeltemal verstaan dat stygende rentekoerse, die stygende petrolprys ens ens ‘n manier van die ANC is om die ryk kapitalistiese rassistiese wit mense van SA te straf vir apartheid, maar dink die ANC ooit daaraan dat hulle rasgenote/mede-swartes/mede slagoffers van apartheid OOK swaarkry as pryse van alles styg?

John

Dis ‘n kwade dag. ‘n Klompie ryk beleggers, die regering maar veral die bankbase is die mense wat hierby gaan baat. Die gewone mense gaan hoes en nogmaals hoes vanjaar. Diegene wat nie hul lenings afbetaal nie gaan dit steeds nie doen nie en die res gaan nog meer sukkel. Die grootste lande in die wereld het die afgelope aantal jare hul rentekoerse tot op die been gesny om die ekonomie aan die gang te kry, maar omdat ons geen ekonomie het om oor te spog nie, het ons gehoop mense gaan in ons banke bele. Ons het nie meer… Lees meer »

Frans

Rentekoersverhogings is daarop gemik om kredietverlening en dus skuld te ontmoedig. Dit beteken niks omdat dit juis die regering se sosialistiese beleid is wat ‘n al groter hap van verbruikers se inkomste vereis, wat verbruikers dwing tot verhoogde kredietaanvraag. Die regering en sy ‘parastatals’ bestee biljoene Rande op vrugtelose projekte soos Nkandlas, onthale, aankoop van vliegtuie, asook vegvliegtuie, wat weens ‘n brandstof en bemanningstekort nie kan vlieg nie. Daarby word biljoene rande afgeskryf aan oninvordebare skuld, soos bv die Ekurhuleni Metroraad wat jaarliks ongeveer ‘n biljoen Rand afskryf en dan ewe dom dieselfde bedrag op die kapitaalmark leen en so… Lees meer »