Rentekoers styg weer

Lesetja Kganyago, goewerneur van die Suid-Afrikaanse Reserwebank Foto: Elmond Jiyane, GCIS

Lesetja Kganyago, goewerneur van die Suid-Afrikaanse Reserwebank Foto: Elmond Jiyane, GCIS

Die Suid-Afrikaanse Reserwebank het die rentekoers Donderdag met 50 basispunte verhoog.

Lesetja Kganyago, goewerneur van die SARB, het die styging in die rentekoers aangekondig ná ʼn drie dae lange vergadering van die SARB se monetêre beleidskomitee.

Dit beteken die repokoers, die koers waarteen die Reserwebank geld aan banke leen, tot 6.75% styg.

Die rentekoers het die afgelope 24 maande met 225 basispunte (2.25%) gestyg. Rudolf Mahoney, hoof van handelsmerk en kommunikasie by WesBank, het gesê persone wat rentegekoppelde huis- en motorlenings het, gaan die druk begin voel.

Die prima rentekoers verhoog dus tot 10.25%.

Die SARB het die repokoers in Julie en November 2015 telkens met 25 basispunte verhoog.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Johann Marx ·

En al die “menere” wat hiervoor verantwoordelik is, voel nie die knyp nie, want hulle ry op my en jou onkoste, bly op my en jou onkoste, partytjie en vlieg op my en jou onkoste, gryp heel eerste hulle salarisse en byvoordele uit my en jou belasting, wat hulle bepaal het hoeveel ek moet opdok, voordat hulle skree “daar is nie genoeg nie, doen alles julle self!!!” Ek is Afrika versadig…

jaco ·

ALLE parlementslede, insluitend die DA, Vryheidsfront, EFF, kry daardie lekker voordele en groot salarisse (R1 miljoen PWR JAAR). Nie een van hulle gee regtig om nie en met sulke lekker voordele en baie geld bou ELKEEN ‘n mini-Nkandla

GES ·

Johann dit is ongelukkig die realiteit van die dag. Rentekoersverhoging sny beide kante toe. Ek het die afgelope 3 maande 10% van my beleggingskapitaal verloor en gevolglik my aftrede met 5 jaar uitgestel. Dit is as gevolg van politici se wandade en verbale diarree.

jaco ·

Ek kan heeltemal verstaan dat stygende rentekoerse, die stygende petrolprys ens ens ‘n manier van die ANC is om die ryk kapitalistiese rassistiese wit mense van SA te straf vir apartheid, maar dink die ANC ooit daaraan dat hulle rasgenote/mede-swartes/mede slagoffers van apartheid OOK swaarkry as pryse van alles styg?

John ·

Dis ‘n kwade dag. ‘n Klompie ryk beleggers, die regering maar veral die bankbase is die mense wat hierby gaan baat. Die gewone mense gaan hoes en nogmaals hoes vanjaar. Diegene wat nie hul lenings afbetaal nie gaan dit steeds nie doen nie en die res gaan nog meer sukkel. Die grootste lande in die wereld het die afgelope aantal jare hul rentekoerse tot op die been gesny om die ekonomie aan die gang te kry, maar omdat ons geen ekonomie het om oor te spog nie, het ons gehoop mense gaan in ons banke bele. Ons het nie meer ‘n eerstewereld- ekonomie nie al glo ons regering ons is die liefling van die wereld. ‘n Klompie van ons ekonome bly glo dat as ‘n sekere klomp mense geld maak ander sakemanne so jaloers sal word dat hulle sommer dadelik hulle produkte goedkoper begin verkoop(?). Kyk hoe lyk die res van Afrika en Suid-Amerika se ekonomiee. Ons is oppad soontoe en vinnig. Daar sal binnekort nie meer plek vir motors op ons paaie wees nie weens die talle optogte van beswaardes met eise en ou trokkies vol karige meubels van mense wat uit hul huise gedwing is omdat hulle nie meer met die afbetalings kan volhou nie.

Frans ·

Rentekoersverhogings is daarop gemik om kredietverlening en dus skuld te ontmoedig.
Dit beteken niks omdat dit juis die regering se sosialistiese beleid is wat ‘n al groter hap van verbruikers se inkomste vereis, wat verbruikers dwing tot verhoogde kredietaanvraag.

Die regering en sy ‘parastatals’ bestee biljoene Rande op vrugtelose projekte soos Nkandlas, onthale, aankoop van vliegtuie, asook vegvliegtuie, wat weens ‘n brandstof en bemanningstekort nie kan vlieg nie.

Daarby word biljoene rande afgeskryf aan oninvordebare skuld, soos bv die Ekurhuleni Metroraad wat jaarliks ongeveer ‘n biljoen Rand afskryf en dan ewe dom dieselfde bedrag op die kapitaalmark leen en so die leningskoste (kapitaal en rente )jaarliks verhoog.

Dan verhoog die staat jaarliks sosiale toelaes sonder enige teenprestasie van die ontvangers en neem werkloosheid toe wat weer tot verminderde belastinginkomste lei.

Die produktiewe bevolking moet gevolglik alhoemeer van hul inkomste afstaan want as lenings duurder word, word dit nie net duurder vir die verbruiker nie maar ook vir die produsente met gevolglike verhoogde produksiekoste en pryse, wat opsigself weer inflasie aanwakker.

Hierdie bose kringloop van groter werkloosheid, stygende inflasie en staatsbesteding voorspel niks goed vir Suid Afrika nie.

Is daar ‘n oplossing. Ja iets wat kan bydra is die ontbinding van stadsrade. Stadsrade is besighede en jy het nie politici nodig om ‘n besigheid te bestuur nie. Al wat jy nodig het
is ‘n kleiner goed opgeleide werkerskorps, ‘n bestuurliggaam wat bestaan uit deskundiges, op elke vakterrein waar ‘n munisipaliteit funksioneer.

Om die onderhoud te verrig het jy betroubare kontrakteurs met bewese resultate nodig
om die werk te verrig wat buite die vermoë van eie onderhoudspanne val.Dus geen burgermeester en ander praatjiesmakers nie maar ‘n bestuur en werkerskorps wat reageer as jy bel en nie die telefoon neersit of jou oproep van bakboord na stuurboord stuur nie.

Dit sal egter nooit gebeur nie solank AA en BEE deel van regeringsbeleid is want die regeringsdienste is juis een van instrumente wat die ANC-regering gebruuik om werkloosheid kunsmatig laag te hou want is niks meer as indiensnemingsorganisasies nie,
wat pleks daarvan om te werk en te presteer alles verwys na konsultante, wat heelpad bank toe lag en die mees onpraktiese skemas aan hul verkoop, soos bv die Tshwane kontrakte bewys.

Nico K ·

Die mense hierbo dink aan hulle eie posisies, maar nie aan die groter geheel nie. Lae rente is nadelig vir spaar. Daarom spaar niemand nie, want dit is nie die moeite werd as die rente so laag is nie. En as mense nie spaar nie is dit sleg vir die ekonomie op die lang duur. (En sleg vir hul eie toekoms). Veral ou mense wat net op hul spaargeld moet leef kry baie swaar met die rente wat so laag is. My skoonma het 20 jaar terug ‘n bedrag ontvang toe haar man oorlede is wat sy belê het. Daardie tyd kry sy 20% rente. Nou kry sy 8%. Haar inkomste het dus meer as gehalveer. En alle ander goed se pryse het verdriedubbel.

Frans ·

Jy is slegs beter daaraan toe as jou rente inkomste hoër is as die inflasiekoers. Dit is waarom mense gedurig vra vir verhogings hoër as die inflasiekoers.

Wanneer jy dus ‘n salaris of loonsverhoging kry gelykstaande aan die inflasiekoers bly jou koopkrag neutraal, want dit herstel net jou posisie waarin jy was voor inflasie jou sak begin raak het.

Wat ons nou die meeste raak is voedselinflasie want minder produsente (boere) en droogte beteken ‘n kleiner aanbod terwyl aanvraag weens stygende bevolking. My vrou en myself (beide pensionarisse) moes ons vleislus in perk want teen ‘n verwagte R200 per kg
kan slegs die heel rykes dit nog bekostig.

Koos ·

Ek dink Zuma se blaps het die Rand verswak dus verhoogde rente koerse

John ·

Eintlik is dit net andersom. Mense wat graag sou wou spaar, kan nie en die wat deesdae kan, wil nie want die begeerte na meer laat hulle glo daar is ‘n bodemlose bron van rykdom iewers. Die ouer mense wat nog pakkette en pensioene gekry het, het destyds skielik ‘beleggers’ geword wat groot gedroom het oor ‘n wonderlike aftrede na al die jare van swoeg. Dit het nie gerealiseer nie. Baie bejaardes is vandag verbitterd omdat hulle te oorywerig was om hul geld in onbekwame en gierige konsultante se hande te laat. Om jou geld vir jou bankbestuurder te gee om dit namens jou te bestuur, was ook nog nooit ‘n baie winsgewende besluit nie. ‘n Klompie bejaardes met ‘n spaargeldjie gaan baat by die bietjie hoer rentekoers, maar sodra hulle in die winkel kom, gaan die winkelier dit weer opslurp. Almal hoop die winkelbase gaan skiet gee. Die nuwe wetsontwerp op pensioenfondse sluit by die gedagte van groot ‘spaar’ aan. Ons het ‘n ongelooflike groot groep werkloses wat geweldige gefrustreerds is. Die probleem word daagliks groter en die regering soek fondse om die probleem te bestuur. Dis ‘n nuttelose poging. Die punt is net dit, daar is ‘n groep mense wat eenvoudig net nie kan glo dat ons nie meer soos in die ou dae kan dink nie. Ons ekonome is die grootste gros daarvan. Hoekom? Omdat hulle steeds glo soos 25 jaar gelede, toe ooms en tannies met blink ogies voor hulle gesit het met die strokie waarop duisende en miljoene geblink het en gesmeek het om teen hoe rentekoerse bele te word deur hierdie hoogs geleerde finansiele kundiges. Dis verby mense… klaar.

Sophia Botha ·

MOET DINK AL MENSE SAL SWAARKRY EN HOE LEWE. WAG TYD DIE MAN AANVAL EN SPEEEL GELD RENTE PORFILE RERIG WEES. VERSKOON

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.