Rentekoers verder verlaag

Lesetja Kganyago, president van die SA Reserwebank (Foto: Thobile Mathonsi/African News Agency/ANA)

Die monetêrebeleidskomitee (MBK) het besluit om die rentekoers met 25 basispunte te verlaag tot 3,5% per jaar. Drie lede van die BMK was ten gunste van die vermindering van 25 basispunte en twee wou die koers onveranderd laat.

Die totale verlaging in die rentekoers vir 2020 staan nou op 3,25 persentasiepunte. Die prima rentekoers van banke staan nou op 7%.

Lesetja Kganyago, president van die Reserwebank, het gesê daar word verwag dat die BBP in 2020 met 7,3% sal krimp, vergeleke met die 7%-krimping wat in Mei voorspel is.

“Al word die afsonderingsregulasies in die komende maande verslap, sal beleggings, uitvoere en invoere vir die jaar as geheel skerp daal. Daar word ook verwag dat werkverliese verder sal toeneem.”

Vir 2021 word groei van 3,7% verwag en 2,8% in 2022. Die bank het sy verwagting vir inflasie op 3,4% gehandhaaf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

3 Kommentare

jongste oudste gewildste
Johann

Verduidelik net vir my: wie gaan geld kan leen vir wat….al is die rentekoers NUL?????

Cherokee

Verligting vir mense wat huisverbande betaal en sportkarre met meer lawaai as spoed en ‘n plastiek-lemoen op die lugdraad ry. Maar ten koste van beleggers. Daar is seniors wat inkomste uit beleggings verhaal. Ek gun dit egter vir die jong paar wat ten koste van hul eie blyplek, ‘n tweede (of derde-)handse japanees ry.

JohanR

Julle kan die rente koors afbring na 0% toe, en niemand sal omgee nie want daar is nie geld om te spandeur nie, en mense het al, en sal nog die dak oor hulle kop verloor want hulle het nie geld om die paaiment te betaal nie. And who do we have to thank….THE BLERRIE ANC!