Rentevrye lenings by dié kerk

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Kerk in Harrismith in die Vrystaat wil rentevrye lenings aan mense beskikbaar stel wat in skuld vasgevang is om hulle uit die kloue van geld te bevry, het Beeld Woensdag berig.

“Ons wil mense bemagtig om vry van Mammon (die geldgod) te kom,” het Jonny Veitch, hoofouderling en stigter van die Living Waters Church in die dorp gesê. “Geld het ʼn groot invloed op mense. Eintlik is dit net ʼn stukkie papier wat ons lewens beheer.”

Die Fruits of Righteousness-program (FRP) sal mense ook deur middel van opgeleide mentors help om uit skuld te bly. “Mense sal bereid moet wees om hul boeke oop te maak vir die mentors sodat hulle gehelp kan word om skuld soos klererekeninge, kredietkaarte en persoonlike lenings – veral by skuldeisers (loan sharks) – af te betaal.”

Veitch het gesê die kerk sê gereeld vir mense wat hulle met 10% van hulle geld moet doen. “Maar wat van die ander 90%? Mense spandeer dit verkeerd en dan beland hulle in skuld waarvan hulle nie ontslae kan raak nie.”

Die lenings sal hoofsaaklik uit donasies van die gemeenskap toegestaan word. Daar is ook ʼn trust opgerig om die mentors op te lei. Die eerste FRP-seminaar vind op 13 en 14 Maart in Harrismith plaas en enigiemand is welkom om dit by te woon.

Veitch gee toe dit is ʼn risiko om geld aan mense te leen, en daarom moet die persone eers die seminaar bywoon.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Eish! ·

Wow, ‘n wonderlike plan. Ek hoop hul het baie sukses in die verhaal. So kan mense ook van sigarette en drank gespeen word en ‘n ekstra geldjie spaar.

Drieks ·

Nee gaan nie werk nie!!!! Kan nie skuld met leen geld stop nie. Die mense gaan intussen bly leen by ander ook om weer die kerk te betaal. Gaan skole toe en leer die toekomstige geslag om met geld te werk .
As jou kind sy/hy se eeste sakgeld begin kry, moet daar ‘n budget vir die kind opgestel word. En ouers en kinders sal die vrugte pluk.

louie daffue ·

Hi ek wil graag meer weet van jul lenings asb dankie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.