Repokoers aangepas

Lesetja Kganyago, president van die Reserwebank

Lesetja Kganyago, president van die Reserwebank

Die Reserwebank se monetêre beleidskomitee het Donderdag die repokoers met 25 basispunte tot 6.25% verhoog, weens kommer oor ʼn swak rand en stygende inflasie.

Tydens BDPro se peiling met 13 ekonome, het agt verwag dat die koerse onveranderd sal bly, maar die res het ʼn verhoging van 25 basispunte voorspel.

Inflasie sal nou na verwagting tot ʼn gemiddeld van 4.6% styg, ná ʼn vorige voorspelling van 4.7% terwyl ekonomiese groei nou op 1.4% beraam word, in vergelyking met 1.5% tydens die komitee se vergadering in September.

Die repokoers is laas in Julie met 25 basispunte aangepas tot 6%. Vier lede van die beleidskomitee het vir die verhoging gestem, en twee het gestem om die koerse onveranderd te laat.

Dit was die bank se laaste vergadering vir die jaar.
-TMG Digital/BDlive

© RDM News Wire

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Johan1 ·

As zuma sy st 3 uitsprake kon beteul was die Rand nie so swak nie.

Johann Marx ·

Weereens ‘n berig oor “kommer” oor die swak Rand, soos soveel vorige berigte wat altyd net “verduidelik” hoekom die Rand so swak is. Wanneer gaan daar eendag ‘n berig verskyn oor wat Suid Afrika as ‘n land moet doen om ons geldeenheid weer sterk te maak….en ‘n begin datum vir so ‘n strategie? In 1994 het my buurman verhuis Austraslië toe. Op daardie stadium kon hy sy huis in Suid Afrika verkoop….en met daardie geld ‘n “halwe huis” in Australië koop. Ek het teen my eie beterwete hier gebly….en nou moet ek SES huise soos myne verkoop….om EEN huis in Australië te kan koop……en dit alles te danke aan die regering se swak ekonomiese beleid en nog swakker politieke uitsprake.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.