Repokoers bly onveranderd

Argieffoto

Argieffoto

Die Suid-Afrikaanse Reserwebank (SARB) het Donderdag aangekondig die repokoers sal dieselfde bly en gesê onsekerheid oor die langtermynmarkte en globale implikasies van Brexit vertroebel die vooruitsigte.

Die repokoers, die koers waarteen banke geld by die SARB leen, bly dus op 7%. Die prima-uitleningskoers, die koers wat banke van klante vra, bly ook onveranderd op 10.5%.

Lesetja Kganyago, goewerneur van die SARB, het gesê die monetêrebeleidskomitee is steeds bekommerd oor plaaslike ekonomiese groeivooruitsigte wat uiters uitdagend gebly het, na aanleiding van die inkrimping in die BBP in die eerste kwartaal van vanjaar.

Kganyago het gesê die SARB verwag voedselinflasie sal ʼn hoogtepunt van 12.6% bereik in die laaste kwartaal van 2016. “Daar is geen duidelike tekens van herstel in die landbousektor nie en voedselinflasie sal na verwagting vir ʼn geruime tyd hoog bly,” het hy gesê.

Die SARB het die repokoers vanjaar met ʼn kumulatiewe 75 basispunte verhoog, met die laaste verhoging van 25 basispunte in Maart.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.