Repokoers bly onveranderd

Lesetja Kganyago, president van die Reserwebank (Foto: ANA)

Die Suid-Afrikaanse Reserwebank het Donderdag die repokoers onveranderd gelaat op 6.75%.

Die Reserwebank het gesê internasionale verwikkelinge het tot ʼn meer positiewe inflasie vooruitsig gelei sedert November 2018 toe hy die rentekoers met 25 basispunte verhoog het. “ʼn Beduidende afname in internasionale oliepryse en minder beweging op die wisselkoerse was die sleutelfaktore vir dié verbeterde vooruitsig. Plaaslike petrolpryse het kumulatief met R3.07 per liter gedaal (vir 95-oktaan loodvry in Gauteng) in Desember en Januarie. Laer kosprysinflasie het ook tot ʼn laer verbruiersprysinflasie gelei,’ het Lesetja Kganyago, president van die Reserwebank, gesê.

Die Reserwebank reken dat die inflasiekoers vir 2018 gemiddeld 4.6% beloop het en maak ʼn vooruitskatting van 4.8% vir 2019; 5.3% vir 2020 en 4.8% in 2021.

Die boonste draaipunt van inflasie sal waarskynlik ongeveer 5.6% beloop in die eerste kwartaal van 2020. Kerninflasie sal waarskynlik onveranderd op 4.3% in 2018 bly met ʼn vooruitskatting van 5.0% in 2019, 5.1% in 2020 en 4.8% in 2021.

Die Reserwebank verwelkom die Suid-Afrikaanse ekonomie se herstel uit ʼn tegniese resessie, maar waarsku dat groei steeds onder druk bly weens ʼn daling in die aanvraag en lae vlakke van verbruiker- en sakevertroue.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Francois Beukman (alias) ·

Druk net meer geld en laat die belastingbetaler hoes vir Eskom, SAL en SAUK skuld.
Hahahaha

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.