Repokoers bly onveranderd op 7%, kospryse styg

Argieffoto (Foto: Stevepb, Pixabay)

Argieffoto (Foto: Stevepb, Pixabay)

Die Suid-Afrikaanse Reserwebank het die repokoers Donderdag onveranderd op 7% gelaat weens verbeterings in die inflasie-vooruitsig en die swak plaaslike ekonomiese uitsig.

Die prima leningskoers, die koers waarteen kliënte geld by banke leen, bly onveranderd op 10,5%.

Lesetja Kganyago, president van die Reserwebank, het aangekondig dat die monetêre beleidskomitee eenparig besluit het om die repokoers onveranderd te laat, net soos in Mei en in Julie. Hy het gesê die komitee bly egter besorg oor die algehele inflasietrajek.

“Ondanks ʼn verbeterde groeikoers in die tweede kwartaal, bly die vooruitsig onder druk, soos gereflekteer word in die hoofsaaklik onveranderde uitsig vir die volgende twee jaar,” het Kganyago gesê. “Groei-vooruitsigte bly steeds afhanklik van wêreldwye toestande, die implementering van strukturele hervorming en veranderinge in sake- en verbruikersvertroue.”

Statistieke Suid-Afrika het vroeër vandeesmaand bekend gemaak dat die land se bruto binnelandse produk (BBP) met 3,3% verhoog het tussen Maart en Junie, nadat dit in die vorige kwartaal met 1,2% gedaal het.

Kganyago het gesê nog ʼn groot risiko op die inflasie-vooruitsig hou met voedselpryse verband en die vooruitsig is dat voedselpryse in die laaste kwartaal van die jaar ʼn hoogtepunt sal bereik.

StatsSA het Woensdag aangekondig dat die land se jaarlikse verbruikersprysindeks (VPI) 5,9% was in Augustus, ʼn 0,1% afname van 6% in Julie.

Verbruikersinflasie vir kos en nie-alkoholiese drankies bly hoog op 11,3% in die afgelope twee maande.

Die pryse vir sleutelstapelvoedsel soos brood en graan en olie en vette, styg steeds, en het tot 16% jaar op jaar gestyg vanaf 15,1% weens die droogte. Die prys van mieliemeel is 38% hoër as ʼn jaar gelede, en kookolie is meer as 26% duurder.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

alex ·

Nadat die ANC oorgeneem het in 1994, het almal dit seker verwag dat daar allerhande maniere sal wees om die ryk wit mense terug te kry vir apartheid. En as mens moet kies tussen grootskaalse uitmoor van wit mense of stygende pryse van alles, is stygende pryse seker die beter opsie. Wat ek egter nie verstaan nie, is besef die ANC nie dat hulle mede-swartes, hulle rasgenote, wat meestal arm is, OOK swaarkry onder die steeds stygende pryse van alles? Het die ANC dan van hulle eie mense vergeet? Kry die wit mense dan maar terug vir apartheid, maar sorg darem net goed vir julle eie mense.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.