Repokoers weer aangepas

Lesetja Kganyago, goewerneur van die Suid-Afrikaanse Reserwebank Foto: Elmond Jiyane, GCIS

Lesetja Kganyago, goewerneur van die Suid-Afrikaanse Reserwebank Foto: Elmond Jiyane, GCIS

Lesetja Kganyago, goewerneur van die Suid-Afrikaanse Reserwebank, het Donderdag bevestig dat die repokoers met 25 basispunte verhoog.

Dit beteken die repokoers, die koers waarteen banke geld by die SARB leen, staan nou op 7%. Die prima leningskoers, die koers wat banke van klante eis, staan nou op 10.5%.

Kganyago het gesê die styging is vanweë die toename in inflasie en ʼn onstuimige rand.

Die SARB het die repokoers in Januarie met 50 basispunte verhoog tot 6.75% en die prima rentekoers tot 10.25%.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Lee ·

En wie se skuld is die ontstuimige rand defnitief nie ons sin nie!!! Ons regering is besig om die mense arm te maak teen ‘n baie vinnige pas. Dis sommer nonsense die. Eers November, toe Januarie wat ons meer vir ons huise van Februarie af moes betaal en nou weer. Pateties. Hulle kry hulle huise verniet en ons moet ons alies af sukkel!!!

elisabet ·

Lee ek stem volkome saam.
Ek sit en wik en weeg om my huis vas te teken,as mens dit nog mag doen.
Huidiglik lyk dit nie of dinge gaan verbeter nie, inteendeel

Ronel ·

Wat is nuut? Meer geld in ons Regering om te verkwis soos hulle wil.
Stem ANC, watwou!

CHRISTA ·

Waarom dink julle reis Zuma elke paar weke na ‘n ander oorsese land vir skynbare “samesprekings”? Hy haal Mugabe se truuks uit – elke keer as hy oorsee gaan neem hy honderdeduisende rande om in banke oorsee te belê. Daarom het hy homself ook weer ‘n lekker verhoging gegee terwyl hy vir sy landsburgers preek dat hulle minder moet eis of spandeer en meer spaar!! AFRICAN NATIONAL CIRCUS!!!

Johann V ·

Maroela Media, in die verlede is die korrekte Afrikaanse vertaling van “Governer of the Reserve Bank” aanvaar as “President” van die Reserwebank. Het dit intussen verander?

Sune van Heerden ·

Dagsê Johann V

Dankie vir jou navraag. Die gebruik het nie intussen verander nie, beide “goewerneur” en “president” word aanvaar vir ‘n persoon in dié amp by die Reserwebank.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.