Repokoers weer onveranderd gelaat

geld ekonomie suid-afrika

Argieffoto

Die Suid-Afrikaanse Reserwebank het die repokoers Donderdag vir die derde agtereenvolgende keer onveranderd op 7% gelaat.

Lesetja Kganyago, president van die Reserwebank, het aangekondig dat die monetêre beleidskomitee eenparig besluit het om die repokoers onveranderd te laat, net soos in Mei, Julie en September. Kganyago het gesê hoewel die inflasievooruitsigte grootliks onveranderd gebly het, sal verbruikers na verwagting vir ʼn geruime tyd nog onder druk wees aangesien voedselprysinflasie sensitief is weens die voortslepende droogte.

Hy het gesê die afname in voedselprysinflasie sal laer wees as wat verwag is weens die vertraagde impak van vleispryse.

“Die monetêre beleidskomitee is steeds besorg daaroor dat die algehele inflasietrajek ongemaklik naby aan die boonste gedeelte van die teikengebied is,” het Kganyago gesê. “Die onsekere omgewing en redelik hoë risiko op die inflasievooruitsig noodsaak deurlopende waaksaamheid.”

Die prima leningskoers, die koers waarteen kliënte geld by banke leen, bly ook onveranderd op 10,5%. Kganyago het gesê die rand sal na verwagting sensitief bly vir veranderinge in die stand van die Amerikaanse monetêre beleid en vir kredietgraderingsaankondigings wat later vandeesmaand of vroeg in Desember verwag word.

Die bank se ekonomiese groeivooruitsig het onveranderd gebly op 0,4% vir 2016 en 1,2% en 1,6% vir die volgende twee jaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

jaco ·

Ek kan verstaan dat alles wat duurder word n manier is v.d. ANC om die, volgens hulle, ryk rassistiese kapitalistiese uitbuitende wit mense te straf, maar dink hulle ooit daaraan hoe erg duur kos, water, krag ens hulle swart rasgenote benadeel?

Johnny ·

Jip, lyk of hulle BAIE swaarkry as ek kyk na al die satellietskottels in plakkerskampe.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.