Reservaat vind 7 dooie renosters op een dag

Argieffoto

Die karkasse van sewe gestroopte renosters is op een dag binne 800 m van mekaar in ʼn KwaZulu-Natalse natuurreservaat aangetref.

Musa Mntambo, woordvoerder vir Ezemvelo KZN Wildlife, het aan Maroela Media gesê die renosters is verlede Woensdag in Hluhluwe Imfolozi-natuurreservaat deur wildbewaarders aangetref.

“Die wildbewaarders het aasvoëls op ʼn spesifieke plek opgemerk en gaan ondersoek instel. Vyf renosters is naby aan mekaar aangetref en twee ander onder ruie bos sowat 800 m van die eerste vyf af,” het Mntambo gesê.

Volgens hom is die twee renosters wat in die bosse gelê het vermoedelik sowat twee tot drie weke vantevore al geskiet en onthoring.

“Die ander vyf wat naby mekaar gevind is, is ongeveer so drie dae vantevore geskiet.”

Al sewe renosters se horings is gestroop.

Volgens Mntambo is daar sedert 1 Januarie vanjaar reeds 28 renosters nét in KwaZulu-Natal gestroop.

Edna Molewa, minister van omgewingsake, het verlede maand gesê daar is altesaam 1 028 renosters in 2017 gestroop. Van hierdie renosters is 504 in die Krugerwildtuin, wat steeds as ʼn brandpunt vir stropery beskou word, vir hul horings doodgemaak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Anoniem ·

Nou vra ek hoe doen hulle patrollies. Sit seker onder die lekker koelte bome en slaap. Die ander rede is omdat die honary officers wat hulle altyd gehelp het se regte weg gevat het. Die honary officer moet nou net papier werk doen en fonds insameling sodat die permanente ouens nog vetter gevoer kan word.

M'Lady ·

Onaanvaarbaar. Wat gaan hier aan? Al hoeveel rensoters in Hluhlwe-Imfolozi gestroop. “Inside job” as jy my vra. Wanneer gaan daar begin onsersoek ingestel word?

Natasha ·

Vind uit waar die baasbrein Hugo Ras was…..hy is mos uit op borg.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.