Reserwebank beboet Deutsche Bank met R10 miljoen

Argieffoto van een van Deutsche Bank se takke (totpi.com)

Argieffoto van een van Deutsche Bank se takke (totpi.com)

Die Suid-Afrikaanse Reserwebank (SARB) het die Deutsche Bank se tak in Johannesburg met R10 miljoen beboet vir onbehoorlike kontrolestelsels teen geldwassery en finansiering vir terrorisme, het die City Press Sondag berig.

Die boete beteken nie dat die bank die dade gepleeg het nie, maar inspekteurs van die SARB het swakhede in die bank se stelsel opgespoor wat moet verseker dat daar aan wetgewing voldoen word om sulke misdade te voorkom.

Die SARB het bevind dat daar probleme is met die identifikasie en verifiëring van ʼn kliënt se besonderhede en om bates op te spoor van persone wat moontlik aan terrorisme verbind kan word.

Samantha Forbes, woordvoerder van Deutsche Bank, het gesê die bank erken die “onreëlmatighede”. “Die bank sal, in samewerking met die SARB, die betrokke tekortkominge binne die ooreengekome tydraamwerk aanspreek,” het Forbes gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Paul ·

Die Deutsche Bank wil seker nie meer geld in die anc se trog inpomp nie. Nou moet dit maar by wyse van boetes gedoen word.

jacques ·

Moenie boete gee nie jaag hulle uit die land uit.Hulle suport meskien nog ISIS ook.

Rupert Ashford ·

Jy soek te ver vir ouens wat dalk daai spul ondersteun – ek reken dit sal nader aan die huis wees…

Jan ·

Miskien kan dit dalk help om die 3 miljard wat SARS gaan kort kom, te finansieer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.