Die Reserwebank het Dinsdag gesê die ekonomie sal na verwagting nie meer as 0,6% groei in die huidige jaar nie en alhoewel die land ʼn tegniese resessie vrygespring het, is daar steeds afwaartse druk.
“Die positiewe boodskap van die jongste BBP-getalle is ons nie in ʼn resessie-terrein is nie,” het Rashad Cassim, adjunkhoof van die Reserwebank, aan die parlement se staande komitee oor finansies gesê. “Daar is steeds beduidende afwaartse druk, veral van die internasionale ekonomie.”
Die Suid-Afrikaanse ekonomie het in die tweede kwartaal met 3,1% gegroei, ná dit vir twee agtereenvolgende kwartale gedaal het.
Cassim se eweknie, Fundi Tshazibana, het gesê daar is ʼn verbetering in sommige kommoditeitspryse wat op die kort termyn goeie nuus kan wees, maar die jaarlikse groei sal na verwagting nie meer as 0,6% wees nie. Die ekonomie sal na verwagting oor die volgende drie jaar tussen 1,8% en 2,0% groei.
Reserwebank-beamptes wou nie kommentaar lewer oor ʼn beleidsdokument van 77 bladsye oor hoe om die ekonomie te laat groei en werkloosheid hok te slaan wat verlede maand deur die nasionale tesourie vrygestel is vir openbare kommentaar nie. Tito Mboweni, minister van finansies, het onder skoot gekom oor die voorstelle.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
15 Kommentare
Klink vir my amper ook so. Druk meer geld kerels. Deel uit vir almal. R1000 note. Julle kan sommer vir ramaforie se smile daar op sit. Met n goue tand en n blink sterretjie refleksie soos die rappers. Voorspoed verder. lol
Die ekonomie sal onder druk bly vir solank as wat die ANC regeer.
Wow!, dankie tog vir die ongelooflike slim mense by die reserwebank.
Mens voel dit sommer aan jou sak, niemand hoef te sê die ekonomie is “onder druk” nie.
Watter ekonomie? Die een wat deur die regime geplunder en vernietig is?
Hulle kan baie praat. Solang ek meer moet betaal vir die selfde kos en petrol is dit n resessie.