Reserwebank stoot rentekoers op

Argieffoto (Foto: stevepb, Pixabay)

Die Reserwebank het Donderdag die repokoers met 25 basispunte na 3.75% verhoog. Dit is die eerste verhoging in drie jaar.

Lesetja Kganyago, president van die Reserwebank, het gesê drie lede van die monetêre beleidskomitee was ten gunste van die verhoging, terwyl twee lede verkies het dat die koers onveranderd moet bly.

Dit beteken dat die prima-uitleenkoers van handelsbanke na 7.25% verhoog.

Abigail Moyo, woordvoerder van die vakbond Uasa, het gesê dit is goeie nuus vir pensioenarisse wat staat maak op rente uit spaargeld, maar ʼn knou vir diegene met skuld. Volgens Moyo word 12 verdere verhogings oor die volgende drie jaar verwag. Uasa maan Suid-Afrikaners om hul begrotings baie streng te bestuur en slim te werk te gaan met hul finansies.

Reza Hendrickse, portefeuljebestuurder by PPS Investments, verwag ook ʼn geleidelike verhoging van die rentekoers. “Die Reserwebank se kwartaallikse vooruitskattingsmodel verwag rentekoersverhogings elke kwartaal vir die volgende drie jaar. Dit blyk effens aggressief te wees in dié stadium, maar ons besef dat die besluit sensitief sal wees vir wêreldwye inflasie-dinamika en beleidsbesluite.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

VaalDonkie ·

Ek het ‘n huis gekoop en het nog nie eens die eerste paaiement betaal nie, toe kry ek die nuus dat my maandelikse paaiement opgaan. Darem nie met te baie nie. Maar nogsteeds!

Andre ·

Alles wat afgaan, moet weer op gaan, en anders om. Rentekoers was Baie lank laag, so dis nou weer regte tyd om te klim.

VaalDonkie ·

Gelukkig het ek dit verwag. Maar ek het gedog dit sou darem eers volgende jaar wees. Die grap is eintlik dat ek nog nie eens begin betaal het nie.

Suid-Afrika Eerste - Vrydenker Vlakvark ·

‘ n Stap in die regte rigting! Waarom moet mense hul hard verdiende onkomste belê waar ander kapitaliseer op die rente opbrengs wat die belegger eintlik toekom? Ek kon nog nooit sien dat Suid-Afrika se voorspoed verbeter het deur die verlaging van die rentekoerse nie. Inteendeel, dit moedig nie spaar aan nie en skep ‘n kultuur van spandabelrigheid hier en nou.

Op die einde van die dag behoort ‘n belegger ‘n redelike rente opbrengs te kry na verrekening van inflasiekoers en persoonlike belasting. En basta met onbekwame entrepreneurs en die groot leuens oor rentekoersverlagings.

Pierre ·

Van die mees invloedryke lande in die wereld het baie lae rentekoerse, die meeeste mense kry swaar onder rentekoerse, as rentekoerse opgaan kry jy miskien so bietjie meer rente, maar aan die anderhand volg baie verhogings in daaglikse kostes om rede omset koste verhoog wat jou extra ou geldjie kanseleer, maar nou ja die eie ek en mammon sindroom.

Harley Davidson ·

So tussen die petrol prys en rentekoers verhoging wil die regering nou seker maak die landsburgers word gestraf omrede hulle die ANC verneder het by die stembusse.

Dirk Mostert ·

Jy kry nou 3.75% rente op ‘n belegging, maar die inflasiekoers is 5% (wat ek glo uit ‘n duim gesuig word). Waarom is rentekoerse so drasties verminder as deel van die “ramptoestand”? Om ons doelbewus te verarm? Ek het min simpatie met diegene wat bo hul vermoe lewe.

Francois Le Cochon ·

Die 3.75% is die repo (groothandel) koers. Dit is die rente wat die banke betaal as hulle geld leen by die reserwe bank.

FranWilder ·

Ja ne, toe die rentekoers so laag was en almal se koop koop koop het hulle nie gedink dat dit weer kan op gaan nie. Daar het ons dit nou.

Pierre ·

Koop koop koop stimuleer die ekonomie, `n verbeterde ekonomie skep werk wat op sy beurt die ekonomie verbeter, wat nog werkskepping stimuleer, maar nou ja nie almal verstaan die prinsiep nie en kyk mos maar altyd net agter hulle self.

Kirst ·

Die beginsel van ‘n kommersiele bank is verkeerd. Jy leen jou geld vir hulle, sodat hulle dit vir ander mense kan leen en meer rente daarop kan verdien as wat hulle jou betaal om dit by jou te leen. En dan moet jy hulle nog betaal (transaksiefooie) as jy jou geld terug wil kry of wil gebruik vir aankope!

Ek bestuur my geld so; solank ek skuld het, het ek nie geld nie. Nie ‘n sent nie. Ek betaal dus net die nodigste en die res betaal ek af aan skuld. Sodoende spaar ek BAIE aan rente, en kry myself vinniger uit die skuld uit. Solank mens skuld het help dit ook nie dat jy geld spaar nie, want jy verdien minder rente op wat jy spaar as wat jy betaal op wat jy skuld.

Grassie ·

Die verhoging is te laag, dit moet meer wees as die inflasiekoers anders is ‘n belegging ‘n dooie verlies. Jy word maand na maand armer. Die afduimpies is waarskynlik mense wat lustig skuld gemaak het toe die rentekoers baie laag was – nou sal hulle moontlik van die blink motor en/of spoggerige huis ontslae moet raak en soos ons gewone landsburgers binne hul inkomste lewe.

Danie ·

Dit is hoogtyd vir díe van ons wat eerser wil spaar as om lekker te lewe (meestel ook maar op skuld)
Hierdie is net die begin…..daar wag swaar tye vir almal (wêreldwyd) met baie skuld. Die inflasie monster klop aan die deur…..

SlinkseKoljander ·

Die ANC is bangkrot, die belasting betalers gaan nou nog meer moet hoes om hulle pense vet te hou.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.