Die Reserwebank het Donderdag die repokoers met 25 basispunte na 3.75% verhoog. Dit is die eerste verhoging in drie jaar.
Lesetja Kganyago, president van die Reserwebank, het gesê drie lede van die monetêre beleidskomitee was ten gunste van die verhoging, terwyl twee lede verkies het dat die koers onveranderd moet bly.
Dit beteken dat die prima-uitleenkoers van handelsbanke na 7.25% verhoog.
Abigail Moyo, woordvoerder van die vakbond Uasa, het gesê dit is goeie nuus vir pensioenarisse wat staat maak op rente uit spaargeld, maar ʼn knou vir diegene met skuld. Volgens Moyo word 12 verdere verhogings oor die volgende drie jaar verwag. Uasa maan Suid-Afrikaners om hul begrotings baie streng te bestuur en slim te werk te gaan met hul finansies.
Reza Hendrickse, portefeuljebestuurder by PPS Investments, verwag ook ʼn geleidelike verhoging van die rentekoers. “Die Reserwebank se kwartaallikse vooruitskattingsmodel verwag rentekoersverhogings elke kwartaal vir die volgende drie jaar. Dit blyk effens aggressief te wees in dié stadium, maar ons besef dat die besluit sensitief sal wees vir wêreldwye inflasie-dinamika en beleidsbesluite.”
The MPC decided to increase the repurchase rate by 25 basis points to 3.75% pic.twitter.com/Naxzyhei29
— SA Reserve Bank (@SAReserveBank) November 18, 2021
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
14 Kommentare
Ek het ‘n huis gekoop en het nog nie eens die eerste paaiement betaal nie, toe kry ek die nuus dat my maandelikse paaiement opgaan. Darem nie met te baie nie. Maar nogsteeds!
‘ n Stap in die regte rigting! Waarom moet mense hul hard verdiende onkomste belê waar ander kapitaliseer op die rente opbrengs wat die belegger eintlik toekom? Ek kon nog nooit sien dat Suid-Afrika se voorspoed verbeter het deur die verlaging van die rentekoerse nie. Inteendeel, dit moedig nie spaar aan nie en skep ‘n kultuur van spandabelrigheid hier en nou.
Op die einde van die dag behoort ‘n belegger ‘n redelike rente opbrengs te kry na verrekening van inflasiekoers en persoonlike belasting. En basta met onbekwame entrepreneurs en die groot leuens oor rentekoersverlagings.
So tussen die petrol prys en rentekoers verhoging wil die regering nou seker maak die landsburgers word gestraf omrede hulle die ANC verneder het by die stembusse.
Jy kry nou 3.75% rente op ‘n belegging, maar die inflasiekoers is 5% (wat ek glo uit ‘n duim gesuig word). Waarom is rentekoerse so drasties verminder as deel van die “ramptoestand”? Om ons doelbewus te verarm? Ek het min simpatie met diegene wat bo hul vermoe lewe.
Ja ne, toe die rentekoers so laag was en almal se koop koop koop het hulle nie gedink dat dit weer kan op gaan nie. Daar het ons dit nou.