Reserwebank wil appelleer teen uitspraak oor VBS-verslag

SA Reserwebank (Foto: ANA)

Die Suid-Afrikaanse Reserwebank gaan appelleer teen ʼn bevel van die Gautengse hooggeregshof om die bevindings van adv. Terry Motau oor die VBS-bankskandaal teen ʼn ANC-hooggeplaaste in Limpopo, ter syde te stel.

Dié hof het Dinsdag bevind dat Motau se versuim om aan Danny Msiza, ANC-tesourier van Limpopo, “prosedurele regverdigheid” te bied voordat hy sy verslag uitgereik het, onwettig en ongrondwetlik is. Maroela Media het berig dat Motau en die Reserwebank, as respondente in die saak, ook beveel is om Msiza se regskoste te betaal.

In ʼn verklaring Donderdag sê die Reserwebank se toesighoudende gesag hulle het dié uitspraak bestudeer en is deur hul regsverteenwoordigers geadviseer dat daar goeie gronde vir appèl is. “Op grond hiervan sal ons ʼn aansoek om verlof tot appèl by die betrokke hof indien,” lui die verklaring.

Msiza is aanvanklik in die verslag, “The Great Bank Heist”, daarvan beskuldig dat hy munisipaliteite aangemoedig het om in die omstrede VBS Mutual Bank te belê. Hy is gevolglik uit sy pos geskors, maar later weer aangestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

3 Kommentare

jongste oudste gewildste
Robert

Hou duim vas dat julle sal slaag.

koos10

Nou hier is goeie rede om te appeleer. Die soos Zumpie en sy ex wat alles wil “apeal” nie.
Ek wil nog bitter graag in my lewe in hierdie land van ons sien dat as jy wil appeleer teen’n beslissing, dat jy moet geld neer sit in jou persoonlike hodanigheid (‘n klerk miskien R2000.00, ‘n minister R1 000 000.00) Dit kan op ‘n gly skaal bereken word. As jou appèl slaag, kry jy jou geld met rente terug, verloor en jou geld is ook weg. Dit sal ons howe minder druk maak.

Kokerboom

SARB ons ondersteun julle. Dis TOTAAL onaanvaarbaar dat die skurke en boewe wegkom. Sommige Hooggeregshof uitsprake deesdae stel my hoogs teleur! Ons is besig om ons vertroue in die regstelsel te verloor!