Respekteer gesondheidsorgwerkers se regte, vra organisasies

(Argieffoto: Elmond Jiyane/GCIS)

Die burgerregteorganisasie AfriForum, die Caring Healthcare Workers’ Coalition (CHC) en die vakbond Solidariteit het vandag ʼn brief aan die waarnemende minister van gesondheid gestuur oor die behandeling van dokters en gesondheidsorgwerkers in die algemeen met betrekking tot Covid-19-entstowwe.

Die organisasies versoek dat die aanmelding van Covid-19-entstof- negatiewe voorvalle (NV’s) aangemoedig word en deursigtig en openlik beskikbaar gestel word; dat die reg en verantwoordelikheid van mediese dokters om ’n aanbeveling oor ’n mediese behandeling te maak en om gesondheidskwellings rakende ’n mediese behandeling (insluitend Covid-19-entstowwe) te opper beskerm word; en dat die reg van gesondheidsorgwerkers om ’n vrye keuse te maak oor die ontvangs van ’n Covid-19-entstof, duidelik gekommunikeer en beskerm word.

Dít volg nadat die CHC berigte ontvang het van dokters wat geïntimideer word wanneer hulle probeer om Covid-19-entstof- negatiewe voorvalle aan te meld en bespot en mondeling aangeval word wanneer hulle geldige gesondheidskwellings rakende die entstowwe opper.

Berigte van gesondheidsorgwerkers dat hulle gedwing word om ’n weieringsvorm te onderteken as hulle verkies om nie in hierdie stadium die Covid-19-entstof te ontvang nie en berigte van gesondheidsorgwerkers wat geïntimideer en gedreig word om hulle te dwing om die Covid-19-entstowwe te ontvang, het die organisasies ook genoop om op te tree.

Die organisasies vestig ook die minister se aandag op die SA Covid-19 and Vaccine Social Listening Report 4, wat op 7 Junie deur die departement van gesondheid gepubliseer is. In hierdie verslag word mediese dokters as “anti-vaxx” geëtiketteer sonder verskaffing van enige definisie van hierdie etiket en die feite waarop so ’n etiket aan ’n mediese dokter geheg word.

Een van die voorgestelde optredes in die verslag is dat sogenaamde anti-vaxx-dokters by die Raad op Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika aangemeld moet word. Die organisasies spreek hulle kommer oor hierdie aanbeveling uit omdat die implikasie gemaak word dat ’n dokter se besluit om nie ’n entstof te ontvang of aan te beveel nie of om gesondheidskwellings rakende die Covid-19-entstowwe te opper, wanpraktyke is. Dit skep ook ’n skadelike vorm van polisiëring in die mediese praktyk.

“As dokters het ons ’n verpligting en ’n verantwoordelikheid teenoor ons pasiënte. Om hulle te help om ’n ingeligte keuse uit te oefen, is deel daarvan. Nog belangriker is dat ons moet verseker dat die ‘keuse’ om in hierdie stadium ’n entstof te ontvang, wel nog ’n keuse is,” sê dr. Naseeba Kathrada, woordvoerder van die CHC.

“’n Bewysgebaseerde pasiëntspesifieke mediese benadering moet gevolg word, waar die mediese praktisyn in staat moet wees om die pasiënt ten volle te adviseer sodat die pasiënt ’n ingeligte besluit kan neem,” sê Henru Krüger, sektorhoof van medies by Solidariteit.

“Die publiek moet behoorlike inligting oor entstof-nadelige voorvalle kry en hierdie inligting moet deursigtig en openlik beskikbaar wees sodat hulle ingeligte instemming kan uitoefen by die besluit om Covid-19-entstowwe te ontvang, waarvan party tans in fase drie van kliniese proewe is en nog nie geregistreer is nie,” sê Barend Uys, hoof van navorsing by AfriForum.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Bushy ·

Sosiale druk en blinde geloof is wat besig is om die mensdom tot rampspoed te lei. In n wereld van blindes waar eenoog Koning kraai is diegene met perfekte visie nie n aanwins nie maar word eerder gesien as n gevaar vir die blinde ullisies wat seevier onder die populasies. Die lig van die waarheid is hulle nie beskore nie. Die mensdom is nog vasgevang in Plato Se Grot ten spyte van die moderne eeu waarin ons leef. Geskiedenis herhaal homself en bewys oor en oor hoe manupileerbaar die mensdom werklik is.
The herd mentality, subjects of the slaughter houses of the minds.

Bushy ·

Elke keer as ek n thumbs down sien dink ek aan die romeinse ryk en die dae van die gladiators. Mense het thumbs down gegooi om bloedvergieting te kon sien en vir geen ander logiese rede nie. Hedendaags is ons vasgevang en thumbsdown ons ons eie ondergang sonder om twee maal of logiese te probeer of the kan dink.

Charles ·

Skroewe sal met verloop van tyd al hoe stywer gedraai word…

Johan ·

Wat het geword van “was jou hande gereeld” en “hoes in jou mou”. Lyk my die vrees het net verdiep en dit baan die weg vir verpligte implimentering van enige iets wat politici kan uitdroom en wat iemand se sak pas. Wat het geword van “JY MAG NEE SÊ” wanneer dit gaan oor jou lyf!

Lionel ·

Weet jy Johan, dis mense soos jy wat altyd so baie te sê get, maar geen oplossing bied. Hoe stel jy voor dat die pandemie tot ‘n einde kom. Of wil jy vir die res van jou lewe elke 3-6 maande weer in ‘n lockdown gaan en net in jou huis moet sit. Iewers moet die samelewing aangaan, en entstowwe is die enigste semi-permanente middel om te kan aangaan, ‘n inperking is nie ! For reference: see Spanish flu of 1918 and how that deadly pandemic was beaten.

Boerkind ·

Al meer bewyse dat die massa inentings wat basies nie volledig wetenskaplik getoets is nie, beslis nie te vertrou is nie. Waarom mag dokters en wetenskaplikes nie ook waarsku teen die nagevolge van hierdie wêreldwye inentingveldtog nie? Waarom nog maskers dra en afstand hou ná die inenting as dit die oplossing sou wees? Gaan die inentings ontaard in ‘n jaarlikse proses om nog geld in groot farma in te stort? Kyk ons na wat in ander lande (bv. Israel) gebeur na massa inentings, waar groot getalle met vreemde gevolge soos hartinflamasie na vore kom (en nee, ons media sal nie dit publiseer nie). Weer eens is hier ‘n toesmeerdery ten koste van die individu. Ek wil die reg hê om self te besluit wat in my ingespuit word. Ek steun medici se kommer….

Richardt ·

2. Regerings wêreldwyd het vir een of ander donker rede elke werkende medisyne soos Ivermektien verdag probeer maak en almal probeer, eers oortuig en nou alhoemeer intimideer, om ‘n eksperimentele ent te vat!
Dink… Wie wil wat bereik?!
Ek ken mense wat binne ‘n week gesond gemaak is met Ivermektin…!
‘n Mens wat so gesond geword het, moet dus ook nou natuurlike teenliggaampies hê en dus nou bestand te wees!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.