Die Berg-en-Dal-restaurant in die Krugerwildtuin was vanoggend (Maandag) in vlamme gehul nadat ʼn brand in ʼn gedeelte van dié gewilde restaurant uitgebreek het. Dit is die tweede brand wat binne ʼn week by ʼn fasiliteit in die wildtuin uitgebreek het.
Isaac Phaahla, woordvoerder van SANParke, sê personeel is net na 10:00 van die brand in kennis gestel. Hy sê die brand het vermoedelik in die kombuis uitgebreek en na ʼn gedeelte van die eetsaal versprei.
“Die personeel en kontrakteurs het vinnig gereageer om die brand in bedwang te bring,” sê Phaahla.
Hy sê in hierdie stadium is geen beserings of sterftes aangemeld nie.
“Skade aan die infrastruktuur is tot slegs die restaurant beperk. Die ander geriewe in die ruskamp word nie deur die brand geraak nie.”
SANParke het op Twitter gesê die oorsaak van die brand word nog ondersoek. Geen verdere besonderhede is in hierdie stadium bekend nie.
ʼn Brand het Woensdag ook in die winkel by die Letaba-ruskamp in die wildtuin uitgebreek. Soos vroeër berig, het die brand vermoedelik in die stoorkamer ontstaan en na die res van die winkel versprei. Die winkel is grootliks verwoes.
- Swart rookwolke is te sien by die Berg-en-Dal-restaurant (Foto: Kruger National Park, Twitter)
- Hierdie is die tweede brand in minder as ‘n week se tyd in die wildtuin (Foto: Kruger National Park, Twitter)
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
12 Kommentare
Ek weet nie hoekom NIE maar ek ruik n ROT!!
Mmmmm iemand speel met vuurhoudjies
Ek ruik ‘n rot…… 2de brand binne ‘n week i n die KNP……..
Brandstigting?
Iets maak definitief nie sin nie.