Restaurantbedryf staak vandag oor regulasies

Argieffoto ter illustrasie (Foto: Unsplash)

Die restaurantbedryf sal na verwagting Woensdag betoog oor afsonderingsregulasies wat dié bedryf lamlê. Dié regulasies sluit in die verbod op drank en die aandklokreël.

Die Restaurantvereniging van Suid-Afrika (Rasa) het op sosiale media ’n beroep op restaurante en koffiewinkels gedoen om tussen 12:00 en 14:00 deel te neem aan sy vreedsame betoging bekend as die 1 Million Seats On The Streets-veldtog.

Luidens inligting sal restaurante en koffiewinkels vir die twee uur hul deure sluit en tafels buite of selfs in die strate plaas. Sommige restaurante het ook ’n beroep op sosiale media gedoen vir deelnemers om swart te dra tydens die betoging.

“Ons restaurante is leeg. Ons kan nie sonder die regering en klante se ondersteuning voortbestaan nie,” het Wendy Alberts, uitvoerende hoof van Rasa, Woensdagoggend aan Maroela Media gesê.

Argieffoto ter illustrasie (Foto: Unsplash)

Restaurante word tans nie toegelaat om alkohol saam met etes te bedien nie. Restaurante word ook gedwing om vroeër te sluit weens die aandklokreël wat saans vanaf 21:00 geld.

Rasa het op sosiale media gesê dié vereniging en ander belanghebbendes waaronder die nasionale drankhandelaarsraad en die drankhandelaarsvereniging van Suid-Afrika (LTASA) het pres. Cyril Ramaphosa genooi om hulle vandag te ontmoet om saam ’n oplossing te probeer vind vir die skadelike uitwerking van die onverantwoordelike drankverbruik om sodoende die verbod op bediening van drank te kan ophef.

Volgens Rasa het Nkhensani Kubayi-Ngubane, die minister van toerisme, reeds ingestem om vandag met hulle te vergader. ’n Memorandum sal tydens dié ontmoeting aan die minister oorhandig word.

Die organisasie Sakeliga het intussen sy lede aangemoedig om restaurante en koffiewinkels vandag te ondersteun as deel van die 1 Million Seats On The Streets-veldtog.

“Ná maande se onnodig skadelike, buitensporige en impulsiewe regulasies, is verskeie industrieë op hul knieë. In besonder het die kleinhandel-, voedsel- en drankbedryf die totale ineenstorting van sy omset van bykans R7 miljard per maand, wat dit in April sou wees, tot minder as R1 miljard ervaar,” het Piet le Roux, uitvoerende hoof van Sakeliga, in ’n verklaring gesê.

Argieffoto ter illustrasie (Foto: Unsplash)

“Restaurante en koffiewinkels, ʼn beduidende onderafdeling van dié bedryf, se omset het van meer as R4 miljard tot nul in April gedaal, volgens voorlopige statistieke van Stats SA wat Maandag uitgereik is.”

Sakeliga het sakelui aangemoedig om Woensdag ʼn drankie of ete by restaurante en koffiewinkels te koop en te geniet. “Ons moedig hulle aan om ʼn foto te neem en dit op sosiale media te plaas, met kommentaar oor die afsonderingsregulasies en die impak daarvan, of wenke oor hoe om skadelike regulasies teë te werk.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

16 Kommentare

jongste oudste gewildste
Oom Hennie Pennie

Dis reg, moes lankal iets gedoen het

JJ

Ek haat dit om dit te se, maar.. dis tyd vir ‘n klasaksie. Die grootskaalse vernietiging van kapitaal in besighede het niks te make met Covid-19 nie, maar alles te doen met regulasies wat deur die regering ingestel is. Die klasaksie moet twee Verweerders vermeld. Die Eerste Verweerder die uiteraard mev Zuma en die Tweede Verweerder, Die Chinese Kommunistiese Party (let wel die CCP en nie die Chinese Regering nie) Klasaksies teen die CCP is reeds ingestel in die VSA en in England.

marius

Ek’s in

Faraway

Hierdie “virus” is gestuur en word toegelaat om te skud . . . ek haal aan
“Derek Prince of Derek Prince Ministries gave a sermon and message “God Says: I Will Shake The Nations” where he teaches that in the times the Bible describes as the end times there will be a season in which God will shake everything that can be shaken including Nations.”

Scalla

Daar moes lakal optrede gewees het teen hierdie swak regering.