Restaurante bloei dood – Rasa

Foto ter illustrasie. (Pixabay)

Die restaurantvereniging van Suid-Afrika (Rasa) pleit by die regering om dringend na vlak 2 van inperking te skuif ten einde die voortbestaan van restaurante te verseker.

Die vereniging meen huidige Covid-19-syfers regverdig nie meer ’n vlak 3-inperking nie en restaurante kan nie langer onder dié maatreëls oorleef nie. Regulasies onder vlak 3 van die inperking bepaal onder meer dat restaurante om 21:00 moet sluit.

Volgens Wendy Alberts, uitvoerende hoof van Rasa, sal restaurante eenvoudig nie hul deure kan oophou indien die bediening van aandetes – wat die grootste deel van restaurante se wins uitmaak –  so vroeg gestaak moet word nie.

“Ons restaurante doen ’n dringende beroep op die regering om beperkings met onmiddellike inwerkingtreding op te hef en die aandklokreël te verleng.”

Alberts sê voortdurende pleidooie vir verligting en vergoeding om die bedryf by te staan, waaronder die tydelike vryskelding van huurgeld en terugbetaling van lenings, val op dowe ore.

“Ons sit steeds met ’n groot aantal personeellede wat onbetaald afgelê is, met geen onmiddellike verligting van die Werkloosheidsversekeringsfonds (WVF) se tydelike verligtingskema, Ters, nie.

Alberts het in Februarie vanjaar gesê dat meer as 3 600 restaurante in dié vereniging se databasis hul deure as ʼn direkte gevolg van vlak 3-inperkingsmaatreëls moes sluit.

Rasa verteenwoordig meer as 11 000 restaurante landwyd.

Alberts sê voorts die restaurantbedryf sal hom voortdurend tot die prioritisering van gesondheidsprotokolle te midde van die pandemie verbind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

16 Kommentare

jongste oudste gewildste
Kokerboom

Die kader regering voel ‘n veer!!!

koos10

Tydens inperking waar eetplekke nie mag aansit nie, word wegneem etes vrylik beskikbaar, maar val weg toe mense weer mag aansit. Kos is nie julle grootste inkomste nie maar wel drinkgoed, anders maak die staking van wegneem etes nie sin nie.

DIABLO

Gee inentingsprogram vir die privaat sektor en ons is voor Desember almal klaar in geent. Hou op klou aan iets wat julle (regering) nie kan bestuur nie!

Frank John

Wonder hoekom daar nie met ander aansteeklike en dodelike siektes soveel moeite gedoen word nie? Die Covid ding is al holrug gery, net soos apartheid en diskriminasie. Moeg om daai misbruikte verskonings te hoor.

pieter

Jul plei dooie val op dowe ore , was dit nou sjebeens of taxis was dit vinnig ge organize