Restaurante wil dringend met Ramaphosa vergader

(Argieffoto: Unsplash)

Die Restaurantvereniging van Suid-Afrika (Rasa) het ʼn dringende vergadering met pres. Cyril Ramaphosa versoek. “Ons moet onmiddellik met die regering gesels om die stand van die bedryf aan hom voor te lê en die status en data wat met ons risiko verband hou,” sê Wendy Alberts, uitvoerende hoof van Rasa.

“Daar is gerugte oor aankondigings van ʼn verdere afsonderingsperiode wat ʼn verdere ekonomiese ramp en bedreiging vir werkloosheid en ʼn finansiële bloedbad tot gevolg sal hê. Ons kan nie bekostig om ons deure te sluit of enige beperkings te aanvaar nie.”

Alberts sê daar is oplossings. “Ons kan nie toelaat dat ons bedryf se ligte weer afgeskakel word nie. Dit is onverantwoordelik om nie met ons te gesels om ʼn oplossing te kry wat nie werksekuriteit in die bedryf sal bedreig nie.”

Sy sê dit is onaanvaarbaar dat daar ʼn dreigement is van nóg ʼn afsonderingsperiode. “Ons sluit nog voor ons genoeg inligting het en wat die uitdagings kan wees. Ons moet vir die wêreld wys dat ons beheer het oor die virus en dat ons dieselfde pandemie beleef. Ons kan nie nog ʼn inperkingsperiode bekostig nie – dit sal die bedryf, die land en die moreel van die samelewing verwoes.”

Alberts sê die internasionale mark is neusie verby vir die seisoen omdat almal hul reise moet kanselleer. “Die land maak nou staat op die plaaslike ekonomie – hoofsaaklik die toerisme- en gasvryheidsbedryf en restaurante om die ekonomie te ondersteun. Ons het deur alle vlakke heen bewys dat ons die hoogste vlak van veiligheid- en Covid-19-voorsorgmaatreëls kan nakom.”

Rasa sê die regering moet eerder onbeheerde ruimtes en byeenkomste aanspreek. “ʼn Algemene inperking sal nie werk nie. Dit skep bloot onwettige handel en werkloosheid met ʼn moontlike bloedbad van haweloosheid en gemeenskappe wat sal honger ly. Ons moet die inligting van die afgelope twee jaar gebruik en die ekonomie beskerm, en dit nie verder verwoes nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

miavos ·

Die pandemie mag nie verder as ‘n verskoning gebruik word om die ekonomie te ruïneer nie. Die lewe moet aangaan. Kom ons om, so kom ons om.

Papsak ·

Wyse besluit soring op julle agterpote en se julle se die land kan nie nog verder verwoes word deur besighede se deure te wil sluit nie mense gaan sonder werk sit en hoeveel gaan weer van honger dood staan op SA prast geen deur kan bekostig om te sluit nie ons ekonomie ly sleg daar onder daar is beter planne en uit wee as om alles te wil sluit

Althes ·

Die ekonomie moet ten alle tye beskerm word. Om mense te beroof van broodnodige inkomste, gaan mense se geestestoestande heeltemal affekteer en dit gaan meer skade as goed doen. Laat dit business as usual wees.

Harley Davidson ·

Daar moet gekyk word na die feite soos dit werklik is en gebaseer daarop moet die beste besluit geneem word.

jayc ·

Asof mense se geestestoestande nie genoeg geaffekteer is nie… Ons is depressief, pessimisties en dit voel asof niks ooit sal beter word nie.

Tiptol ·

Jayc, jys heeltemal reg. Dan is ons nog aggressief ook, want ons moet baklei om te bestaan mbt inkomste, sekuriteit, veilig wees op paaie, eskom en en en.

Dries ·

Niemand. Kan en mag die cancer regering ooit vertrou nie. Hier is n versteekte agenda. N kommunis en terroris maak altyd plannetjies. anc is bankrot. Hulle rak tydperk is verstreke. Dit gaan die regering pas ten koste van sy landsmense om in nog n lockdown in te gaan. Verseker vind hulle baat hier by. Ons wat in die buiteland werk. Is nou weer in die pekel.

casper ·

Die clowns luister na niemand en doen net soos hulle wil !!

JohanR ·

Se dit al van die begin af gehasie……NDZ swaai die septer, en Cyril Ramaphosa is net die spreekbuis!

Hoekom ·

Nee wat, almal moet luister na die ANCartel se bevelsraad. Hoekom moet hulle enigsins in ‘n sogenaamde Republiek na die publiek se insette luister. Hulle is mos verhewe bo die res…

Rooikoos ·

Rasa kan netsowel met ‘n klipmuur gaan probeer onderhandel.

Pietertjie ·

Hulle besef nie dat inperkings-regulasies ten doel het om die huidige ekonomiese bestel tot ‘n val te bring nie. Wêreldwyd, nie net in Suid Afrika nie.

Johanncb ·

Ons kan géén verdere inperkings bekostig nie! Nie finansieel, geestelik of emosioneel nie! Die Regering is besig om sy mense uit te roei!

Jasper ·

Luister maar na sy vorige uitaltings oor die regstellende aksie wat hy wil toepas op die toersimebedryf, dit het weinig uit te waai met Covid. In Ramaposa se eie woorde is die Covid “Plandemic” ‘n ideale geleentheid om swart bemagtiging af te dwing in die bedryf. Covid is niks, die probleem is die Acssociation of National Corruption se agenda om eie sakke te vul en politiese agendas te dryf ageter die Covid skans. Sterkte met die samesprekings RASA.

Delia ·

Praat met julle besigheidsorganisasies wat vra Dat oningeentes toegang tot sosiale plekke verbied moet word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.