Restauranteienaar vaar uit teen Ramaphosa

Argieffoto ter illustrasie. (Foto: Unsplash/Alex Holyoake)

ʼn Restauranteienaar het pres. Cyril Ramaphosa gekritiseer oor sy hantering van die Covid-19-krisis insover dit die gasvryheidsbedryf betref en hom daarvan beskuldig dat hy ʼn “hele ekonomiese sektor in ʼn rekordtyd vernietig het”.

“Ek betaal nie belasting om na Sondagaand-toesprake te luister wat vingers wys en aanhou om ons lewensbestaan as Suid-Afrikaners te erodeer nie,” het Brett Michielin, entrepreneur en medestigter van die Portugese-restaurantketting, Mozambik, gesê.

“Ek betaal belasting om ʼn regering te finansier wat die mense moet dien en om die welstand van almal, veral die behoeftiges, te verseker.”

Michielin meen dat sommige burgers meer gelyk is as ander as dit kom by die regering se tydelike noodverligtingsfonds.

“Mnr. President, moet duisende werknemers wat finansiële hulp nodig het daaronder ly omdat ʼn eienaar van ʼn onderneming nie voldoen aan die kriteria wat gebruik word vir die toekenning van verligting nie? Alle werke maak saak, alle gesinne maak saak, en ek het gedink Suid-Afrika maak saak.

“Die belastingbasis gaan binnekort opdroog soos ondernemings ondergaan, wat beteken dat die hele waardeketting gaan ineenstort en miljoene gaan honger ly,” sê Michielin.

ʼn Protesoptog, wat deur die Restaurantvereniging van Suid-Afrika gereël is, sal vandeesweek landwyd plaasvind. Restauranteienaars en -personeel sal Woensdag die strate invaar as deel van die ‘1 Million Empty Seats on the Streets”-veldtog.

Michielin het Ramaphosa genooi om by enige van sy restaurante middagete te geniet sodat hy kan sien wat die afsonderingsregulasies aan die bedryf, entrepreneurs en werksgeleenthede gedoen het.

“Moenie vanuit jou ivoortoring kyk nie, Mnr. President. Kom kyk vir jouself!”

Die drankverbod

(Foto: Unsplash)

Talle restaurante het reeds hul deure gesluit en die hernude verbod op die verkoop van alkohol het die vinnige agteruitgang van die bedryf vererger.

Voordat dié verbod weer ingestel is kon mense alkohol by restaurante as ʼn wegneem-item koop. Michielin sê dat dít, tesame met die hernude verbod op die verkoop van alkohol en die aandklokreël, belaglik is.

“Ons is almal bewus van die uitdagings wat die koronavirus meegebring het en die welstand van ons personeel, klante en mede-Suid-Afrikaners is altyd ʼn prioriteit. Die hele bedryf het tot die uiterste gegaan om dit te verseker.”

Intussen het die Suid-Afrikaanse Wyn-van-die-maand-klub gesê dat die alkoholverbod ʼn moeilike tyd vir wynprodusente inhou.

“In die korttermyn gaan daar werksverliese wees. In die langtermyn, indien die verbod verleng word, sal daar ʼn groot inkrimping wees in die aantal wynprodusente,” sê Cliff Collard, uitvoerende hoof van die klub.

“Dit plaas baie druk op plase wat hul druiwe aan onafhanklike produsente verkoop, wat weer daartoe kan lei dat hierdie boere minder in hul wingerde belê. Dit sal dan die kwaliteit van die toekomstige produksie beïnvloed.”

Drankuitvoere, wat onder die verbod toegelaat word, is die “laaste hoop” vir die voortbestaan van wynplase sê Collard. “Ek verneem dat daar egter baie Covid-19-verwante probleme by die Kaapstad-hawe was, wat ʼn groot agterstand tot gevolg het.”

“Ek is nie seker hoeveel bedrywe dit sal kan oorleef as daar ʼn verbod van 60 dae op die verhandeling van hul produkte is nie,” sê Collard.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Martie Smartie ·

Hy kry mos n vet salaris a la die belastingkas, waarom sal hy enigsins worry oor bedrywe wat hy en mev kopdoek vernietig. Mens moet maar so min belasting betaal as moontlik dat die kas maar leegloop

JJ ·

Jy is verkeerd. Net so skielik as wat die inperking gekom het, soos ‘n dief in die nag, net so skielik kan daar toegeslaan word op jou bankrekening en pensioen. Ek wil glo dat dit nie kan gebeur nie, maar daar is die stem van redelikheid in my kop wat al die negatiewe aspekte opweeg ( massiewe werkloosheid, onvermoe om te regeer, korrupsie, kaderontplooing) en dan besef ek dat onder dieselfde omstandighede soos Suid Afrika Beperk nie kop bo water hou nie en sal likwidasie volg. Die “bailout” gaan nie ‘n “bailout” wees nie, eerder ‘n “bail in” gefinasier met geld in spaarekening en pensioenfondse. Die kas is leeg gevreet. Daar is niks oor nie.

Kokerboom ·

Dis net onverstaanbaar dat regering die sector ignorer terwyl die belastingbetaler moer opdok vir 4000 SAL werkers. Iets is dramaties erens verkeerd en MOET nou aangespreek word en daadwerklik opgetree word

Pieter ·

Baie blankes het mos in vier en negentig gestem vir die nuwe komunistiese land. Ek hoop die virus het mense se oe oop gemaak. Die ANC sorg net vir hom en sy pelle dit is al vir die res het hy nie n saak nie. Cyril is nie n president nie hy en kop doek gaan nou aan waar zuma gestop het.

JJ ·

Daar is geen rede om persoonlike aanvalle te loots nie- so verloor jy die debat nog voor jy begin het.

Pieter ·

Covid-19 is ‘n verskoning om kommunisme in te voer met die seën van die Verenigde Nasies. Beter vinnig ‘n streep in die sand te trek. Opvallend dat sekere bevolkingsgroepe hierdie regulasies en kommunistiese inslag netso aanvaar.

Genis ·

Hy is n skatryk kader, miljoene in die bank, danksy sy besighede, Shanduka, macD, myne, noem dit… nee wat CR is skatryk, dit raak hom nie…

Johann ·

Ramaposa steur hom nie aan feite en realiteite anders as die wat hy en sy anargiste bewerkstellig nie! Dis als deel van n gerieflike verskoning wat hy en sy mede vergrypers het om die RSA letterlik te vernietig om te kan hiet en gebied. Hys n MILJARDER wat nie n sent verloor agv sy eie absurdhede nie.

JJ ·

Nee jy is verkeerd. Rekenskap sal gegee word. Daar is veel meer kiesers wat dit besef en hulle kan almal ‘n kruisie trek. CR gaan die blaam vir die gemors vat en sy eie party gaan hom aan die boom ophang. Maar is daar iemand wat beter kan lei?

Cherokee ·

Van wanneer af verskaf hy enige leiding? Dit blyk eerder dat hy lyding veroorsaak.

Renee ·

Hy en ou kopdoek kry mos miljoene se salaris en ek glo nie een van hulle het al uit hulle eie sak enige voedsel skenkings gemaak nie. Nee hulle wil vernietig so ver hulle gaan. Hongersnood gaan meer eis as covid-19 as dit so aangaan, al hoemeer mense verloor hulle werk a.g.v. hulle mags behep

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.