Restauranteienaar vas oor kreef

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Restauranteienaar van Glencairn in Kaapstad is in hegtenis geneem nadat ʼn groot hoeveelheid kreef in haar besit gevind is en sy beamptes glo probeer omkoop het.

JP Smith, burgemeesterskomiteelid vir veiligheid en sekuriteit, het gesê die restauranteienaar kon nie ʼn faktuur verskaf vir die 864 krewe wat by die restaurant gevind is nie.

Die vrou het toe beamptes van die Kaapse mariene-eenheid glo met R15 000 probeer omkoop voordat sy in hegtenis geneem is. Volgens Smith sal die vrou tereg staan op aanklagte van die besit van kreef sonder ʼn faktuur, die besit van ondermaatse kreef en poging tot omkopery.

Smith het gesê die arrestasie is beduidend aangesien dit dien as ʼn “tydige herinnering dat stropers selfs in die plaaslike mark ondersteuning geniet”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Anti-Haas ·

Maak die Kreefseisoen weer soos in die ou dae.
Kan kan ek wettig my kreef gaan duik.
Maak perlemoen ook weer oop.
Dan gaan daar minder stropers wees.
Nou moet ek onwettig gaan duik of onwettig by Partenoster se mense gaan koop.
Wie is nou eintlik die sondebok??????
Ek?
Die Smokkelaar?
Die Regering wat als toemaak of net aan sekere BBEEE mense kwotas gee????

Tiger ·

Die anc is mos wettig IN GESTEM so hulle regeer en dis dit.Die wat nie tevrede is daarmee nie tough luck.Daar is BAIE blankes wat hulle help aan bewind kom het wat nou huil – te laat!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.