Restaurantvereniging wil hof toe oor afsondering

(Foto: Unsplash)

Die restaurantvereniging van Suid-Afrika (Rasa) oorweeg dit om die regering hof toe te sleep oor die voortgesette verbod op aansit-etes by restaurante.

Suid-Afrika is tans op vlak 3 van die afsonderingsregulasies en etes mag tans net afgelewer word, of deesdae minstens self by eetplekke afgehaal word. Aansit-etes gaan in dié stadium volgens die regulasies eers op vlak 1 toegelaat word.

Rasa het die afgelope naweek ʼn brief aan sy lede gestuur waarin hulle gevra word of hulle enige beswaar het teen ʼn hooggeregshofaansoek teen die ministers van onderskeidelik toerisme en samewerkende regering en tradisionele sake om die regulasies ter syde te laat stel.

Die vereniging beoog om vandag met regstappe te begin.

Wendy Alberts, uitvoerende hoof van Rasa, het gesê daar is die afgelope ruk verskeie kere met die regering vergader om die veilige heropening van restaurante vir aansit-etes te motiveer. “Ons het reeds die nodige standaard bedryfsprosedures asook die minimum vereistes vir restaurante ingedien,” het Alberts gesê.

“Ons het ook gevra vir toestemming per vierkante meter, in teenstelling met ʼn vasgestelde getal mense in ʼn restaurant, asook vir die insluiting van drankverkope op die perseel.”

Die minister van kleinsakeontwikkeling, Khumbudzo Ntshavheni, het vroeër aan eNCA gesê aansit-restaurante en persoonlike versorgingsdienste kan dalk op vlak 3 hul werksaamhede hervat. Dit sal gedoen word onder wat genoem word gevorderde vlak 3, maar eers nadat die mediese adviesraad sy goedkeuring daarvoor gegee het.

Verskeie restaurante het weens die verbod reeds hul deure permanent gesluit en daar is vrese dat talle ander dieselfde sal moet doen. Dit is egter nie net formele restaurante wat gebuk gaan onder die verbod nie. Sogenaamde kasi-styl-eetplekke, asook entrepreneurs wat kos by taxistaanplekke of by byvoorbeeld boupersele voorsien, steier onder die verbod.

Ntshavheni het aan POWER gesê die besluit om aansit-restaurante toe te laat om sake te doen is genoodsaak deur onvoldoende hulpverligting om sakeondernemings verder te ondersteun. “Dit is beter om ondernemings te steun terwyl hulle terugkeer na die ekonomie, omdat jy nou die lewensvatbaarheid van die onderneming hanteer,” het sy gesê.

Die plan is om ondernemings te help om aan te pas by die nuwe Covid-19-bedryfswêreld, veral omdat die virus na verwagting nog baie lank ʼn alledaagse deel van mense se lewe gaan wees. “Ons argument is dat wanneer jy ʼn onderneming steun wat nie sake doen nie, jy net geld weggooi. As jy ondernemings ondersteun wat reeds terug in bedryf is, maak jy hulle meer lewensvatbaar.”

Volgens Alberts het Ntshavheni die afgelope ruk spesiale aandag aan die behoeftes van restaurante gegee. “Ons bedank haar dat sy luister na ons pleidooi aan die regering.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Willem ·

Hierdie hele afsondering raak nou ń klug spel. Mens kan die regering 800jaar ook gee en hul sal nie als in plek hê nie

marius ·

Gaan neem fotos van die straat braaiers by taxi staan plekke wat sonder enige teestand van die gesonheids departement aangaan soos voorheen . Pasop net dat dit nie as Rasasisties beskou word nie !

JohanR ·

Dit het NIKS met Covid-19 te doen dat daar nie mag sigarete verkoop word nie, dat haar salonne nie mag oop maak nie, en dat resturante nie mag besigheid doen nie. Vanaf die 26de Maart saam met Covid-19, bedruif die ANC hulle ander agenda. Daai agenda is om alle wit besighede en maatskappye plat te le, en maak nie saak hoeveel dit die swart bevolking aanraak nie as daai wit besighede nie meer bedryf word nie. In Engels noem jy dit ‘n “scorched earth” policy. Asseblief moenie dink Cyril Ramaphosa is vir SA die Messiahs nie. Gaan kyk maar na ou Cyril se doen en laate oor die laaste 12 maande. Tussen hom en NDZ speel hulle die “good cop, bad cop” speeltjie, maar die een weet presies wat die ander meer besig is. Good cop Cyril – sigarete mag verkoop word. Bad cop NDZ – sigarete mag nie verkoop word. Kyk maar in die laaste maand hoe Cyril op elke geleentheid wit mense sleg gese het. Maar iewers gaan daar vlam vat, en dan soos met George Floyd gaan miljoene mense die straate van SA invaar.

Carina ·

Al hierdie lockdown regulasies het absoluut NIKS met die virus te doen nie. Hoe verstaan jy dat jy dokters, tandartse en oogartse kan besoek, waar jy letterlik in die persoon se gesig sit, maar haarsalonne, waar die persoon meeste van die tyd agter jou staan, mag nie werk nie. In die winkels loop mense teenmekaar verby, maar as jy in die ry staan moet jy 1.5m handhaaf. Restaurante kan net hul tafels bietjie verder uitmekaar skuif en nog steeds besigheid doen.
En vir wat is alle bankies en sitplekke uit winkelsentrums verwyder? Hoe dink julle moet bejaarde mense en mense met rugprobleme dit hou om oral in rye te staan vir ure aaneen om in ‘n winkel in te kom? Dit alles het niks met die virus te doen nie.
Dis uitsluitlik om blanke besighede dood te druk. Wonder net of hulle besef daardie einste wit besighede verskaf werk aan derduisende van hul nasie. Gaan hulle nou vir almal sorg, en met watse geld?? Geen besighede, geen belasting inkomste. Wens almal wil sommer ophou betaal!!

Pierreli ·

Hulle moet dit nie oorweeg nie, hulle moet dit doen. Die kommunistiese regering kom weg met moord, korrupsie, rassisme, diefstal en wanbestuur.

Althes ·

Die regering speel ñ kat en muis speletjie met die publiek en die eienaars van besighede. Net wanneer drukgroepe hof toe, dan paai die regering weer met die sogenaamde advance lockdown 3 verslappings. En hul gee nie ñ datum wanneer besighede oopmaak nie.

koos10 ·

Ek het ‘n plan vir julle. MOENIE hof toe gaan nie, die regering geniet dit, gebruik die belasting betaler se geld vir hofsake en die howe is nie aldag so onpartydig nie.
Alle aansit resturante moet vir eendag gratis etes aanbied, maar net vir aansit en net daar etes. Vat besprekings en maak alle restaurante chock en blok vol. Volg natuurlik alle COVID regulasies. Nou kyk ons of die SAPS almal kan arresteer? Dis wat ons burgelike ongehoorsaamheid noem. Mense wat daar eet kan altyd ‘n donasie gee om vir kostes te betaal, maar die hoofsaak is om alles vol mense te kry.

JohanR ·

koos10 hou baie van jou plan….gaan hulle dan op een slag 20000 mense arresteer?

Cherokee ·

Daar moet ‘n volgehoue wet ingestel word dat kokke en kelners, altyd wanneer hulle met kos werk, maskers dra. Nie slegs tydens die pandemie, maar permanent! Mense wat in hotelle en restaurante werk, gesels terwyl jou kos reg voor hulle is, terwyl potte oop is en skinkborde gedra word. As ek ooit so ‘n gemaskerde restaurant sou sien, sal ek ‘n gereelde kliënt wees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.