Resultate ná jarelange stryd oor probleme in vakansieklubbedryf

tyddeel

Argieffoto

ʼn Stryd van etlike jare wat die VF Plus namens verbruikers gevoer het, is vandeesweek eindelik beloon toe ʼn paneel van die departement van handel en nywerheid wat aanbevelings moes maak oor probleme in die vakansieklubbedryf, die party se siening hieroor bevestig het.

Die aanbevelings van die paneel is hoofsaaklik daarop gemik om gebreke in die puntestelsel-vakansieklubbedryf reg te stel en verskeie aanbevelings is in dié verband gemaak.

Anton Alberts, voorsitter van die VF Plus, het gesê sy party sal sorg dat die aanbevelings in die verslag uitgevoer word sodat verbruikers eindelik vrygestel kan word van onbillike kontrakte, en die dienste kry waarvoor hulle betaal het.

“Van groot belang is die bevinding dat ewigdurende kontrakte problematies is en dat kontrakte net vir ʼn sekere termyn moet geld, asook dat kontrakte makliker gekanselleer moet kan word. Van verdere belang is die bevinding dat monopolieë die bedryf tans beheer, en dat ruimte geskep moet word vir mededinging wat beter produkte en verbruikersdienste daar sal stel.”

Alberts het bygevoeg verbruikers moet daarvan kennis neem dat hierdie verslag gerig is op die toekoms en nie noodwendig onmiddellike probleme vir individuele verbruikers sal oplos nie. Die VF Plus beveel daarom aan dat individuele klagtes oor vakansieklub-kontrakte steeds by die Verbruikerskommissie ingedien moet word vir beregtiging.

“Die paneel se aanbevelings sal in wetgewing omgeskakel moet word wat tot twee jaar kan duur en daarom is dit belangrik dat persoonlike klagtes by Verbruikerskommissie ingedien moet word.”

Die Verbruikerskommissie se kommissaris het bevestig die kommissie gaan intussen met die bedryf skakel om seker te maak dat kontrakte met pensioentrekkers en bejaarde persone wat ewigdurend van aard is en deur aggressiewe bemarking aangegaan is, onmiddellik gekanselleer word.

“Die VF Plus sien dit ook as ʼn groot probleem en is saam met verbruikers verheug oor die onderneming van die kommissaris. Die party sal die onderneming nogtans moniteer om te sorg dat dit wel uitgevoer word en onmiddellik in werking tree,” het Alberts gesê.

“Hierdie uitslag onderstreep die belangrikheid van ʼn politieke party in die parlement wat in die belang van verbruikers optree, en die publiek moet die krag van ʼn politieke party se invloed in die parlement nie gering ag nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Marthie ·

Ek sukkel ‘n jaar om my qvc punte opte gee. Hul se ons kan ni cancel ni. Ons moet bly betaal tot hul di punte verkoop toe laat weet ons ons kan dit ni bekostig ni ons is pensionarisse en om elke maand amper R1000 te bet is baie vir ons. Ons gee die punte vir julle maak my portfolio toe en stop die stoporde by bank. Ek skuld net die levy fees en ons gebruik punte ni meer ni nou wag ons om te hoor

Daan Erasmus ·

In dié bedryf is daar die goeie (amper) ouens en die slegte ouens. By sekere van die Mpy’e gaan jy nooit enige goeie diens kry nie. Die groot probleme word nie aangespreek nie. Gladnie. Dit is die “kunsmatige” inflasie op punte. Die jaar het jy 10 punte vir ‘n week nodig. Volgende jaar 12 punte dan 14. Maak nie saak hoeveel punte jy het nie, die klub sord dat dit waardeloos word.

Coreen ·

my skoonouers het selfde probleem met Rci.. Rci se die kinders moet dit oor neem as hulle iets oorkom.. hulle kan dit ook nie mee bekostig nie en het ook by bank die dep order gestop maar as jy sien dan het hulle weer die geld gevat.. pyn indie gat die vakansie punte

Daan Erasmus ·

Daar is nog geen RESULTATE nie. Hierdie is nog net voorstelle. In Suid-Afrika is daar soveel kommissies en nogmaals kommissies en bitter min resultate.

Koos de Meyer. ·

Toe ons die punte in 1996 gekoop het het hulle gesê dit sal nooit verander nie,dit was ‘n groot leun soos Daan ook bevestig. Hulle belieg en bedrieg jou

Els ·

Ons was gelukkig om ons sin n paar jaar gelede te kon verkoop. Het R36 000 daarvoor betaal en het maar R10 000 daarvoor gekry. Mens betaal ten duurste en as jy verkoop kry jy byna niks daarvoor nie

Wilna ·

Ons voel dieselfde. Soos dinge nou lyk gaan ons net nooit daarvan ontslae kan raak nie. Daar is nog geeeen lig in die tonnel vir ons nie. ?

Stella Berning ·

Ek het ook QVC punte gehad. Ge erf vzn oorlede man. Van die begin af n gemors. Ek kon alleen niks byhou . 2 jaar gesukkel om dit te laat afskryf. Eers toe ek my posisie met verbruikers raad begin bespreek en vir hulle sê as dit moet moet ons maar hof toe gaan is dit afgeskryf . Daaroor is ek dankbaar . My heffing van 9500 kon ek nie betaal nie. Was naderhand 35000 agterstallig. Ek hoop regtig die wat sukkel staan vas. Gaan verbruikersraad toe.

Hendrik van George ·

Te min en heeltemal te laat! Die bedryf het alreeds ‘n slegte naam, en sal nie sommer daarvan herstel nie. “Time share” Klink goed op papier, maar is eintlik ‘n scam…..

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.