Retief Odendaal uitgestem as NMB-burgemeester

Retief Odendaal (Foto: DA Eastern Cape/Twitter)

Retief Odendaal, die burgemeester van die Nelson Mandela-metro, is Vrydagmiddag as burgemeester in ʼn mosie van wantroue uitgestem.

ʼn Mosie van wantroue in Odendaal en die metro se veelpartykoalisieregering is Vrydagoggend tydens ʼn spesiale raadsvergadering gebring.

Van die 120 raadslede wat die spesiale vergadering bygewoon het, het 62 lede daarvoor gestem dat Odendaal as burgemeester uit die metro verwyder moet word.

Die vergadering was veronderstel om 09:00 te begin, maar is twee keer uitgestel.

Die mosie van wantroue is deur die EFF voor die raad gebring en deur die Noordelike Alliansie, Patriotiese Alliansie (PA) en die ANC gesteun.

Die mosie is teen Odendaal gebring omdat die EFF sterk daaroor voel het hy versuim het om teen sy onderburgemeester, Mkhuseli Jack, op te tree nadat die ouditeur-generaal bevind het dat maatskappye wat aan Jack behoort sake met die munisipaliteit gedoen het.

Die ouditeur-generaal het Jack egter later van enige oortreding vrygespreek.

Odendaal is weer vir sy pos benoem, saam met Gary van Niekerk van die Noordelike Alliansie wat ook die speaker van die metro is.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.