Reuse aardbewing tussen SA en Australië

Argieffoto

Argieffoto

’n Aardbewing met ’n sterkte van 7,1 het in die see tussen Suid-Afrika, Australië en Antarktika voorgekom.

Die Australiese tsoenami-waarskuwingsburo het egter nie ‘n tsoenamiwaarskuwing uitgereik nie. Die skudding het op die mid-oseaniese rif tussen Australië en Antarktika voorgekom.

Dit is die 19de aardbewing vanjaar van 7 of sterker ter wêreld. Dit maak vanjaar reeds saam met 2011 die jaar met die tweede meeste aardbewings van 7 of meer sedert 2002. Die jaar 2010, met 21 groot aardbewings, hou nog die rekord.
Bronne: USGS hier en hier, en Australiese Tsunami-waarskuwingsentrum hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Doon Boshoff ·

Hierdie moet seker ook op die berugte st Andreas foutlyn lê?

Neels Niesing ·

Die St. Andreas verskuiwing is baie ver van die genoemde area, en terloops, die Afrikaans vir die Engelse term “fault” is “verskuiwing” en nie “fout” nie.

Gerda Claassen ·

Jul doen wonderlike werk…danksy jou inligting bly ek op hoogte van wereldgebeure

Peet Schabort ·

Interessant om te sien dat “moment magnitude scale” is in Afrikaans “oomblik omvang skaal”.
So Herman, hou maar by “sterkte” wat logies is vir ons gewone mense.

Amperdaar ·

Moment magnitude scale: aardkors rigiditeit x mate van verskuiwing en die goote van die area wat verskuif.
Leer elke dag iets nuuts.
Wikipedia. Moet eers bieg: Fisika op my naatvelle deurgekom so die Ingenieurs moet hier kom uithelp.
Vir ons gewone ouens en vrouens: die ou Richterskaal se numeries waardes vergelyk goed met hierdie nuwe skaal. Die nuwe skaal kan egter groter aardbewings rapporteer.
Moment = krag x afstand, soos ons sien in ‘n wipplank situasie, d.w.s. niks te doen met die “oomblik” nie.
Wat van “Domkrag skaal” ? :-)

hettie ·

Baie dankie vir julle bybelversies elke dag. Ek geniet dit baie. Dankie ook vir die hele koerant in my taal.

Genis ·

Suid Afrika en Australië was mos hoeka op ‘n tyd een en het weggeskeur van mekaar a.g.v. ‘n meteorietneerslag. Vaalbara. Binnekort staan Suid Afrika en Australië ook onder een sentrale regering, met een geldeenheid. Ek weet nie hoe dit bewerkstellig gaan word nie, maar dit is die plan. Ek lees dus alle berigte wat betrekking het op SA en Aus. met belangstelling.

danie ·

ok dis nice , ons weet nou daar was n aardbewing, maar wat is die impak indien enige, is dit buiten gewoon, is dit normal, of mis ek iets.

Peet Schabort ·

Danie, volgens wat ek kan aflei van Genis se kommentaar hierbo is selfs die natuurelemente nie gediend daarmee dat Australië iets te doene moet hê met SA. Daarom die aardbewing letterlik tussen SA en Aus.

Salomé Engelbrecht ·

Geniet al Maroela Media se berigte omdat julle ons op ‘n eerlike manier ingelig hou oor dit wat gebeur. Sterkte

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.