Reuse-dwelmvonds by OR Tambo

Argieffoto van kokaïen

Argieffoto van kokaïen

Een van die grootste dwelmvondste nog is Vrydag by die OR Tambo Internasionale Lughawe gemaak.

Brig. Vishnu Naidoo, woordvoerder van die polisie, het gesê daar is op 143 kg kokaïen ter waarde van R50 miljoen beslag gelê. Naidoo het gesê polisiebeamptes het die oggend tydens ʼn roetinesoektog in die vragafdeling dwelms in 147 haarprodukbottels gevind.

Volgens Naidoo het die vrag van Brasilië af gekom en was glo op pad na Wes-Afrika. “Die SAPD is reeds hard aan die werk om vas te stel of die besending wel op pad was na die genoemde bestemming en wie die beoogde ontvanger is. Die dwelms is onmiddellik na die SAPD se forensiese laboratorium in Pretoria vervoer.”

Riah Phiyega, nasionale polisiehoof, het gesê hoewel niemand nog in hegtenis geneem is nie, is dit gerusstellend dat die dwelms nie in ʼn gemeenskap beland het en lewens vernietig het nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

heinrich ·

Die kaans is groot dat dit wel in die gemeenskap gaan beland. (SAPD)??????????????

Remondi ·

driekwart seker reeds in gemeenskap afgelaai die res ingeboek was seker driehonderd kilo’s SAP nie te vertrou meer nie

Elmarie Pretorius ·

REMONDI ek stem saam met jou in oosrand eord drug dealers gevang net om 2ure later weer op straat te wees laat mens dink

Pieter V ·

Net so min as wat renoster horing veilig weg gebere was,wie gaan weet as een of selfs n half kilogram weg is.

Sandy ·

Vir ‘n ma van ‘n dwelmverslaafde kind wil ek die Polisie bedank vir die puik werk wat hier gelewer is. Mense besef nie hoeveel werk daar betrokke is om hierdie Smouse vas te vat nie, maar wil altyd kritiseer. Wel gedaan Polisie!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.