Miljoene se dwelms in skiboot op hoofweg

Lede van die Valke het die bakke en boot deursoek en 800 kg saamgeperste suiwer kokaïne in die boot gevind (Foto: SAPS)

ʼn 39-jarige verdagte is Woensdag in Pretoria in hegtenis geneem nadat die polisie kokaïen ter waarde van nagenoeg R400 miljoen in sy besit gevind het. Dié man het glo die dwelms in ʼn skiboot versteek.

Kol. Katlego Mogale, woordvoerder van die Valke, sê ʼn multidissiplinêre span van die Valke het Woensdag tydens ʼn intelligensiegedrewe operasie die verdagte in sy bakkie op die N1-hoofweg, digby die R21-wisselaar in Pretoria, afgetrek. Die bakkie het na wat verneem word ʼn skiboot van ongeveer 3,6 m lank gesleep.

Die bakkie het na wat verneem word ʼn skiboot van ongeveer 3,6 meter lank gesleep (Foto: SAPS)

“Lede van die Valke het die bakkie en boot deursoek en 800 kg saamgeperste suiwer kokaïen in die boot gevind. Die dwelms het ʼn geraamde straatwaarde van R400 miljoen,” sê Mogale.

“Meer inhegtenisnemings word verwag namate die ondersoek ontvou.”

Lt.genl Godfrey Lebeya, hoof van die Valke, het die ondersoekspan geloof vir hul goeie werk.

“Die reuse-dwelmvonds is ʼn stap in die regte rigting in die polisie se pogings om dwelmhandel hok te slaan,” het Lebeya gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

SomeOne ·

vra maar die boot eienaars, dis die ideale tyd om die boot na ‘n werkswinkel te neem om die enjins te diens en seker te maak die boot is nog watervaardig

Di ·

Ja nee hulle raak al hoe makker, dink nie hulle gaan uitgevang word nie. Geluk aan hierdie op en wakker span

Stofdonkie ·

Nie gedink dit sal verdag lyk om ‘n boot in die middel van die winter rond te sleep nie?

Misky ·

Wonder hoeveel van daai 800kg gaan voete groei en wegloop uit SAPD se bewyse kamers…..

pompies ·

Ek wonder nou hoeveel keer het hulle al so die dwelms vervoer. Die een wat gesplit het het ook deel daaraan gehad.

piper ·

dis n transaksie wat lelik skeef geloop het. die persoon wat dit verklap het , het langs die pad nie volle deel gekry nie en was ongelukkig. verwag maar n moord of twee in die volgende paar dae wat verband hou met die storie. welgedaan valke.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.