Reuse-lening om Komati-kragstasie ‘groen’ te maak

Komati-kragstasie (Foto: Eskom)

Suid-Afrika, een van die wêreld se grootste kweekhuisgasvrystellers, het finansiering van $497 miljoen (sowat R9 miljard) bekom om die Komati-steenkoolkragstasie in Mpumalanga uit bedryf te stel en dit aan te pas vir die opwekking van hernubare energie.

Dié steenkoolaangedrewe kragstasie se bedrywighede het net vroeër vandeesweek tot ʼn einde gekom en sal nou vervang word met ʼn meer hernubare kragopwekkingsterrein wat aangedryf word deur 150 MW sonkrag, 70 MW windkrag en 150 MW stoorbatterye.

David Malpass, president van die Wêreldbank, sê die sluiting van die Komati-kragstasie is ’n “goeie eerste stap in die ontwikkeling van lae-koolstofintensiewe inisiatiewe”. Dié projek het ten doel om die vrystelling van kweekhuisgasse te verminder en ekonomiese geleenthede te skep.

Die grootste deel van die projek sal deur ’n Wêreldbanklening van $439,5 miljoen (R8 miljard) gefinansier word, sowel as ’n konsessielening van $47,5 miljoen (R870 miljoen) van die Kanadese skoon energie- en bosklimaatfasiliteit en ’n $10 miljoen-subsidie (R170 miljoen) van die bystandsprogram vir die bestuur van die energiesektor (ESMAP).

Die Wêreldbank het vroeër vandeesweek gesê Suid-Afrika sal uiteindelik $500 miljard (R9 biljoen) benodig om koolstofneutraliteit teen 2050 te bereik.

Die land is in die stadium nog heeltemal van steenkool afhanklik aangesien steenkool 80% van die land se elektrisiteit opwek. Die kragsektor is verantwoordelik vir 41% van nasionale CO₂-vrystellings.

Maroela Media het vroeër berig die sluiting van die Komati-kragstasie gaan nie ʼn noemenswaardige uitwerking op die nasionale kragstelsel se opwekkingskapasiteit hê nie aangesien die oorblywende stasie maar 121 MW tot die stelsel bygedra het.

Die Komati-kragstasie wek sedert 1961 krag vir Suid-Afrika op.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Danie ·

Goed en wel die land kon nog nie eers die vorige skuld vereffen nie.Lekker om te leen en spend.

Henry ·

Waar gaan hulle geld kry om die lening te betaal. Of gaan weer geld leen om die rente te betaal

Pietertjie ·

Veral deur Rama se swaer (die een wat hy seker óók nie ken nie), wat al ‘n hele paar jaar regsit met sy son- en windkrag besighede.

Vicki ·

Dit was my eerste gedagte nog voor ek die berig klaar gelees het.

marius ·

Hulle kan nie eers die riool uit die riviere hou nie . Nou karring hulle met hernieubare energie . Niks anders as geldwassery nie . Hou maar dop .

Manie ·

Al wat hulle ken is leen en ons almal ken die ou gesegde van Leen ne?

Chris dupreez ·

Ek hoop die regering verstaan wat dit beteken om die kragstasie groen te maak, beslis nie n paar blikke groen verf by Builders , en die res tussen die bank kussings nie.

CHRISTINE ·

Ek verstaan nie hoekom moet daar lenigs gemaak word as daar eintlik oor as genoeg belastinggeld is, veral as ALMAL belasting betaal.

Wondermaarnet ·

8 miljard is seker vir die kaders en hul families vir tenders en die kleingeld is om die kragstasie te hernu.

DJ ·

In ons land is ‘groen’ energie nie die oplossing vir ons krag probleme nie. Ons sit met groot hoeveelhede steenkool vir krag opwekking. Eerder die bestaande eenhede herstel tesame met die aanstelling van kundiges om die stasies te bestuur. Deur weg te betweeg van steenkool word ons land van nog broodnodige werksgeleenthede ontneem met ‘n gevolglike toe name in misdaad.

Papsak ·

Ja hulle leen en leen maar hulle skuld hoop op hulle kan nie eers terug betaal nie daarom sit ons in donkerte dit Eskom se probleem patete

Strandloper ·

Die kragstasie is amper so oud soos ek.Wys jou lank iets kan hou as mense dit bou.

Boatsie ·

“Manne/kaders”, hier kom nou mega pap.
Jul moet sommer grawe kry om mee te skep.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.