Reuse Pta-grondeis gestuit

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Reuse grondeis wat groot dele van Pretoria-Oos, Derdepoort en Cullinan ingesluit het en potensieel duisende mense se eiendomsreg op die spel sou plaas, is in sy spore gestuit.

Cornelius Jansen van Rensburg, uitvoerende hoof van AfriSake, het gesê die organisasie se byna jaarlange veldtog om die eis ter syde te stel, het uiteindelik geslaag toe dit einde November formeel gederegistreer is.

Die eis wat Victor Lekhuleni, opperstamhoof van die Bakgatla Ba Lekhuleni-gemeenskap, ingedien het, het meer as 400 residensiële erwe, sakepersele en landbougrond geraak. “As dié grondeis geslaag het, sou duisende mense se eiendomsreg en eiendomswaarde op die spel wees en dit kon Pretoria se ekonomie knak,” het Jansen van Rensburg gesê.

Volgens Jansen van Rensburg is die deregistrasie van die eis te danke aan navorsing deur AfriSake, wat duidelik daarop gedui het dat die grondeis ongegrond was. Gevolglik het AfriSake én AfriForum in September vanjaar namens meer as 800 sakelui en grondeienaars met regstappe begin om dié grondeis in die kiem te smoor.

“Afrisake het by die grondeisehof aansoek gedoen om die eis tersyde te stel omdat dit in geheel gebrekkig was. Die organisasie moes ook onlangs die departement van landelike ontwikkeling en grondhervorming maan om hul antwoord op AfriSake se hofstukke te liasseer,” het hy gesê. “Volgens die Staatskoerant van 27 November 2015 is die grondeis nou formeel van die hand gewys. Die staatskoerantpublikasie is waarskynlik ’n regstreekse gevolg van druk wat AfriSake op die departement uitgeoefen het.”

Jansen van Rensburg het die saak as ʼn oorwinning vir eiendomsreg beskryf en gesê dit beklemtoon weereens die belangrike rol van georganiseerde burgerlike instellings. “Indien ons nie opgestaan het nie, sou daar potensieel miljarde rande se belastinggeld aan die Lekhuleni-gemeenskap oorbetaal moes word. Hoewel die Zwavelpoort-grondeis nog hangend is, sal AfriSake in hierdie en ander gevalle voortgaan om grondeienaars se regte te beskerm.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Oops,,,,,,,,,,, ·

Sjoe maar die wetters is gemaklik. Maak ‘n grondeis teen ‘n voorstedelike gebied. Hehehehe, neem aan hul is te lui om huise te bou as hul die eis gewen het. So nou kies ons die deel waar baie, baie huise is. lol

Eddie ·

Is great nuus. So bly dat daar wel iemand vir ons regte opstaan. Wel gedaan.

Gerhardt ·

Wel gedaan! Daarom is ek ‘n trotse lid van Afriforum en Solidariteit.

Philippus ·

Lekker om te weet daar is’n organisasie wat waghou! Sterkte met jul werk.

Ww ·

Dit is die bewys en rede vir elkeen wat nog nie aangesluit het nie om dit nou te doen

Pieter ·

Om te spog hiermee is van nul en gener waarde. Die eis sou te nimmer en nooit geslaag het nie. Die waarde beloop triloene rand en daar is net ‘n paar regerings in die wereld wat so iets kan bekostig, nie een in Afrika nie. So- sak Sarel. Die eis was in elk geval belaglik en lagwekkend.

Alwyna Holtzhausen ·

Baie dankie aan die staatmakers wat nie boedel oorgee nie.

GES ·

Wat ‘n mens bitter kwaad maak, is dat hulle soos regte opportioniste, ‘n pypdroom kry dat die grond aan hom en sy familie / stam behoort. Die volgende stap is natuurlik die registrasie van ‘n grondeis met die hulp van kwaaddoeners sonder voldoende bewysse. Nou word die bewyslas verskuif na die wettige grondeienaars wat duisende Rande moet spandeer om te bewys dat dit ‘n bol snert is. Die regte prosedure sou wees om die pypdromer te dagvaar vir skadevergoeding vir kostes aangegaan maar dit gebeur nooit want die goed het gewoonlik niks nie. Hierdie is dinge wat haat aanblaas ipv versoening.

Swanna ·

GES ek staem absoluut volkome saam met jou. Wanneer daar ‘n grond eis ingedien word moet daar absolute navorsings bewyse ingedien word vanaf die grondeiser se kant af om regtig te kan bewys dat dit waar is wat hy/sy daar voorle vir die eis van die grond en nie net ‘n hoor se of ‘n voorvader se gees wat hom/haar geispereer het om namens hom die eis in te te stel nie. Daar is te veel grond eise wat op die rol is. Die regering van die dag is veronderstel om hierdie soort van eise op te volg en seker te maak dat daar waarde daaran is voordat dit deur gevoer kan word. Ek is seker “hierdie” regering sit agter hierdie eise. Dink net nou net as hierdie eis geslaag het hoeveel geld sou moes uit betaal gewees het aan hierdie groep wat die eis ingedien het. Ook gaan dit nie oor die grond nie maar oor die finasiele aspek. Lekker ontavng jy ‘n klomp geld en jy bly in Hammanskraal en jy hoef nie weer te gaan werk nie. Eish bona! What a life.

Swanna ·

Eish maroela wat is aan die gang. Waar het ek nou weer met my opstel gefouteer.

Sune van Heerden ·

Dagsê Swanna

Kommentaar moet soms per hand goedgekeur word, en dit neem dus soms ‘n wyle voor kommentaar op die webwerf verskyn. Wanneer jou kommentaar dus nie dadelik wys nie, beteken dit nie noodwendig dat jou kommentaar afgekeur is nie, dit moet dalk net nog bloot goedgekeur word.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Andre ·

Kom ons blankes stel n grondeis in op n deel van Mamelodi of Soweto. My Oupa se oupa se eks vrou se skoonpa het eenkeer vir n hele 3 maande daar gewoon in sy Ossewa opsoek na Pretoria!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.