Reusebeloning uitgeloof ná Kaapstad-transitorooftog

‘n Skermskoot uit die video.

Die Wes-Kaapse polisie werk onverpoosd om leidrade op te volg nadat ʼn veiligheidswag Saterdag tydens ʼn transitorooftog in Kaapstad doodgeskiet is.

Maroela Media het vroeër berig die rooftog het omstreeks 09:50 op die hoek van Klipfontein- en Canieweg in Athlone plaasgevind.

Volgens sers. Noloyiso Rwexana, woordvoerder van die polisie, was twee wagte van die SBV-veiligheidsmaatskappy besig om kontant by verskeie kitsbanke af te lewer toe vyf onbekende verdagtes op die transitovoertuig toegeslaan het.

“Twee mans, albei 44 jaar oud, is geskiet. Een van hulle is dood, terwyl die ander na ʼn hospitaal gehaas is vir behandeling,” het Rwexana gesê. “Die verdagtes het in ʼn grys Audi met ʼn onbekende bedrag kontant van die toneel gevlug.”

Die polisie ondersoek sake van moord en poging tot moord. SBV het ʼn beloning van R1 miljoen uitgeloof vir inligting wat tot die inhegtenisneming en skuldigbevinding van die verdagtes kan lei.

Enigiemand met inligting word versoek om die polisie by 08600 10111 of konstabel Dricus Groenewaldt by 084 515 7459 te bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

m ·

Transito rooftogte is nou weer algemene ding. Gaan net erger word. Crime is buite beheer in hierdie land.

marous ·

Beloning behoort te wees vir koppe op ‘n skinkbord ! Dan sal dit ophou!

André ·

$ê maar net… Snaaks hoe dit in Lyn Val met Soortgelyk, maar die hele kontant Voertuig opgeblaas met plofstof op besige Snelweg?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.